Kategorie  |  Uncategorized

om van erin te Leer

Erin se lewe was so anders as dié van ander 8 jarige kinders. Terwyl ander buite rondgehardloop, gespeel en roomys geëet het, het Erin in ’n bed gelê en is sy deur ’n buis gevoed. Sy kon net die hardste geluide hoor en die helderste ligte sien. Haar hele lewe het bestaan uit naalde, verpleegsters en besoeke aan hospitale terwyl…

fokus jou oë

Toe ek vir my bestuurderslisensie gegaan het, het die instrukteur oor en oor aan my gesê: “Kyk vorentoe.” Dit was sy manier om vir my te sê dat ek op die horison moes fokus en nie op die onmiddelike omgewing nie. Bestuurders wat voortdurend na regs en links kyk, kan maklik in ’n sloot beland. Satan is baie goed toegerus…

invloedsfeer

Die boek The Preacher and the Presidents vertel die verhaal van die evangelis Billy Graham se bediening. Hy het kontak met die presidente gehad vanaf Harry S. Truman tot George W. Bush en hy was dikwels ’n besoeker by die Withuis. Maar ongeag sy wye invloedsfeer, het Graham nooit eer vir homself toegeëien nie, maar altyd die genade van God…

vertroue Waarop?

Terwyl ek deur ’n winkel gestap het, het ek ’n man met ’n helderrooi Themp aan gesien. Op die hemp was die redelik negatiewe boodskap: “Vertroue: Dis die gevoel wat jy kry net voordat jy die situasie verstaan.” Ek het geglimlag vir hierdie vreemde gedagte, maar ek moes ook erken dat die hemp ’n ernstige waarskuwing ingehou het. Dis ’n…

moenie net aftree nie

Die eerste mense wat die kruin van berg Everest , die hoogste berg in die wêreld in 1953 bereik het, was Edmund Hillary en Tenzing Norgay. Hillary was net 35 jaar oud en die daad het hom roem, rykdom en eer besorg. Hy het besef dat hy reeds ’n merkwaardige lewe geleef het. Wat het Hillary toe daarna gedoen vir…

om die gaping te oorbrug

Toe my kinders nog jonk was, het ek nogal gedink hulle sou beïndruk wees met dit wat ek tot stand gebring en bereik het – dat hulle my boeke sou lees en beïndruk sou wees met al my toesprake en optredes. Maar toe kom ek agter dat hulle nie een van my boeke gelees het nie en ook nie bewus…

hoop

Die ou pad vanaf Jerusalem na Jerigo is ’n nou en gevaarlike pad wat langs ’n steil bergpas in die Judese wildernis kronkel. Dis bekend as Wadi Kelt, maar dit staan ook bekend as die “vallei van skaduwees”, want dit is hierdie gebied wat die inspirasie vir Dawid se 23ste Psalm was. Die omgewing self bied weinig rede vir die…

’n laaste vaarwel

Nadat hy op 47 jarige leeftyd met terminale kanker gediagnoseer is, het Randy Pausch na die Carnegie Mellon universiteit teruggekeer om ’n finale lesing aan kollegas, studente en vriende te gee. Die professor wat rekenaarwetenskap hanteer, het sowat 150 mense verwag, maar in plaas daarvan was die ouditorium wat 400 persone kan hanteer, volgepak. Vir meer as ’n uur het…

allergies vir ...

Een van ons kleinkinders is allergies vir sekere kossoorte. Sy moet melk, kaas, eiers en roomys onder andere vermy. Selfs ’n klein porsie van hierdie kossoorte doen haar gesondheid baie skade aan. Sy is egter nie al persoon wat sekere dinge in die lewe moet vermy nie. Alhoewel haar allergie met haar gesondheid verband hou, het ons almal, as Christene,…

moenie oordeel nie!

Toe Jesus beveel het dat ons “nie moet oordeel nie”, het hy nie bedoel dat ons naïef of onverskillig moes wees nie. Natuurlik moet ons krities en analities wees en standpunt inneem in hierdie wêreld waar sake so maklik verkeerd loop en sonde volg. Wat Hy eintlik bedoel het, is dat ons nie veroordelend en aanvallend moet wees nie, iets…