Populariteit is wisselvallig. Vra maar net vir politieke figure. Baie van hulle bekyk gedurig hoe hulle gewaardeer word en hoe kiesers hulle politieke beleid beskou. Hulle mag aanvanklik hoog aangeslaan word, maar geleidelik daal hulle populariteit namate die termyn vorder. Jesus se populariteit het ook ’n afwaartse neiging getoon. Nadat Hy die 5000 gevoed het, was Hy baie populêr (Joh. 6:14-15). Maar dit het drasties afgeneem toe Hy aan hulle gesê het dat Hy “van die hemel af” kom (Joh. 6:38). Die reaksie op hierdie verklaring van Jesus was die vraag: “Wie dink Hy miskien is Hy?” Sy populariteit het verder afgeneem toe Hy aan die mense verduidelik het dat Hy die “lewende brood … uit die hemel” (Joh. 6:51) is. Hulle kon dit nie verstaan nie en het gevra: “Wat Hy nou sê is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” (Joh. 6:60). As gevolg hiervan, het baie Hom verlaat. Die skares het Jesus voorwaardiglik gevolg. Solank as wat Hy in hulle behoeftes voorsien en wonderwerke gedoen het, het hulle Hom vereer, maar die oomblik toe Hy iets van hulle vra, het hulle teruggedeins. Sy vraag aan sy groepie intieme dissipels was: “Wil julle nie ook weggaan nie?” (Joh. 6:67). Petrus antwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee” (Joh.6:68). Wil jy, soos Petrus, kies om Jesus te volg, ongeag wat die wêreld van Hom sê?