Kategorie  |  Uncategorized

Vrede En Vertroue

Toe ek ses jaar oud was, het ek my vir die eerste keer saam met my broers op ’n tuimeltrein begewe. Toe ons die eerste draai teen ’n hoë spoed bereik, het ek benoud begin gil: “Stop die ding dadelik! Ek wil afklim!” Natuurlik het die tuimeltrein nie gestop nie, en met spierwit kneukels het ek tot aan die einde…

Moenie Alleen Hardloop Nie

My man Jack het slegs veertig van die twee en veertig kilometer afgelê toe sy kragte hom faal.

Dit was sy eerste marathon en hy het dit sonder ’n hardloopmaat aangedurf. Nadat hy vir water gestop het, het hy uitgeput langs die baan gaan sit. Hy kon etlike minute lank nie opstaan nie. Net toe hy hom daarby berus dat…

God Doen Iets Nuuts

“Doen God iets nuuts in jou lewe?” Dít was die groepleier se vraag. My vriendin Mindy, wat moeilike situasies in die gesig staar, het gereageer. Sy het vertel van die behoefte aan geduld met haar bejaarde ouers, stamina vir haar man se gesondheidskwessies en begrip vir haar kinders en kleinkinders wat nog nie gekies het om Jesus te volg nie. Toe…

God Se Skittering

Die Lord Howe Eiland, ’n entjie van Australië se ooskus af, is ’n paradys met wit strande en kristalhelder water. Die skoonheid het my verstom. Hier swem ’n mens saam met seeskilpaaie en glinsterende visse terwyl lieflike neonkleurige see-organismes om jou dryf. In die koraalriwwe swem helder oranje narvisse en geel gestreepte skoenlappervisse nader om jou hand te soen. Die…

Gereinig

“Wat gaan hier aan?” het ek gewonder toe ek ons skottelgoedwasser oopmaak. In plaas van skitterblink skottelgoed het ek borde en glase wat met ’n krytagtige stof bedek is, uitgehaal. “Is die harde water in ons omgewing hiervoor verantwoordelik of is die masjien stukkend?” het ek myself afgevra.

God se reiniging, wat totaal anders is as die stukkende skottelgoedwasser s’n,…

Oorvloedige Vrugte

Ek bewonder die vrugte in ons buurman se erf. Hul wingerd met groot trosse druiwe aan rank oor ons heining en takke vol pers pruime en oranje lemoene wink binne ons bereik.

Ons versorg nie die grond, plant die sade, lei die tuin nat of roei die onkruid uit nie, tog deel ons bure hul oorvloed met ons. Hulle aanvaar…

Gee Aandag

John Newton het geskryf: “As ek op pad huis toe ’n kind teëkom wat ’n sent laat val, en as ek, deur vir hom ’n sent te gee, sy trane kan afvee, sal ek voel ek het iets gedoen. Natuurlik sal ek groter dinge wil doen, maar só ’n gebaar sal ek nie nalaat nie.”

Oral om ons is mense…

Soekend In Alle Erns

Ons gesin staan elke Saterdag aan weerskante van die resiesbaan om ons dogter wat aan die veldwedloop deelneem, aan te spoor. Nadat hulle oor die eindstreep is, stroom die atlete om weer by hul spanmaats, afrigters en ouers uit te kom. ’n Skare wat op die atlete toesak – dikwels meer as 300 mense – maak dit vir ’n mens…

’n Slang En ’n Driewiel

Ek het jare lank ’n storie vertel van ’n tyd in Ghana toe ek en my broer nog peuters was. Volgens wat ek kan onthou, het hy ons ou ysterdriewiel bo-op ’n kobra geparkeer.

Nadat my ma oorlede is, het ons afgekom op ’n langverlore brief waarin sy oor die insident geskryf het. In werklikheid was dit ék wat die…

Weggelok

Tydens die somer van 2016 het my niggie my oortuig om Pokémon Go te speel. Dié speletjie word op ’n slimfoon gespeel en die foon se kamera word ingespan . Die doel van die spel is om klein kreatuurtjies – Pokémon – te vang. Sodra een in die spel te voorskyn, verskyn daar ook ’n wit-en-rooi bal op die foon…