Tydens die somer van 2016 het my niggie my oortuig om Pokémon Go te speel. Dié speletjie word op ’n slimfoon gespeel en die foon se kamera word ingespan . Die doel van die spel is om klein kreatuurtjies – Pokémon – te vang. Sodra een in die spel te voorskyn, verskyn daar ook ’n wit-en-rooi bal op die foon se skerm. As jy die Pokémon wil vang, moet jy die bal met ’n beweging van jou vinger na hom toe skiet. Pokémon word egter makliker gevang as ’n mens ’n lokaas gebruik.

Dit is nie net Pokémon-karakters wat weggelok kan word nie. In sy Nuwe-Testamentiese brief aan gelowiges herinner Jakobus, die broer van Jesus, ons dat ’n mens verlei word “deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep” (1:14). Met ander woorde, ons begeertes maak van versoeking gebruik om ons op ’n verkeerde pad te lei. Hoewel ons in die versoeking kom om God of selfs die Satan te blameer, lê die groot gevaar in onsself.

Daar is egter goeie nuus. Ons kan die aanlokking van versoeking afweer deur met God te praat oor alles wat ons in versoeking laat kom. Jakobus verduidelik: “God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie” (1:13), tog verstaan Hy die mens se begeerte om die verkeerde te doen. Ons hoef Hom slegs te vra om die wysheid wat Hy volgens Sy belofte sal voorsien.(1:1-6).