Kategorie  |  Uncategorized

Almal Speel Saam

Die spel van die 11- en 12-jarige orkeslede in ons kleindogter se skoolkonsert het my beïndruk. As elkeen van hulle ’n solis wou wees, sou elkeen se individuele vertoning nie dieselfde lieflike musiek kon skep as die groep gesamentlik nie.

Paulus het aan Jesus se volgelinge in Rome geskryf: “Net so is ons, al is ons baie, in Christus een…

Stilte

’n Onbewoonde herehuis het voor die konvooi noodlenigingsvoertuie opgedoem – die burgemeester s’n. Sy mense het die basiese noodsaaklikhede kortgekom terwyl hy in weelde in ’n veraf stad gewoon het.

Sulke onregverdigheid maak ons kwaad. Ook God se profeet het kwaad geword. Toe Habakuk die buitensporige verdrukking sien, het hy gevra: “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U…

Deel Bekers Van Troos

’n Vriendin het vir my van haar eie erdewerk gepos. Sommige items – soos die koppie wat in ’n paar groot stukke gebreek het – is tydens die reis beskadig. Nadat my man die stukke aanmekaargelas het, het ek die pragtige geskonde koppie op ’n rak uitgestal.

Ek het – net soos daardie gelaste stuk erdewerk – ook littekens wat…

Rede Om Te Glimlag

Woorde van bemoediging in die werkplek is belangrik. Die manier waarop werknemers met mekaar praat, beïnvloed kliëntetevredenheid, maatskappyprofyt asook onderlinge waardering vir mekaar. Studies toon dat lede van die mees effektiewe werkgroepe mekaar 6 keer meer erkenning gee pleks van afkeuring, onmin of sarkasme. Die mins produktiewe groepe maak ongeveer drie negatiewe opmerkings vir elke positiewe woord.

Paulus het deur ervaring…

Deur God Gedryf

Ek is per e-pos uitgenooi om by ’n groep “gedrewe mense” aan te sluit. Ek het die woord gedrewe nageslaan. So ’n persoon is hoogs gemotiveer om sukses te behaal en sal hard werk om sy doelwitte te bereik.

Is dit goed om ’n gedrewe mens te wees? Daar ís ’n toets wat jy kan aanlê: “... doen alles tot eer…

’n Volmaakte Vader

My pa het op ’n keer teenoor my erken: “Ek was baiekeer weg van die huis af toe jy grootgeword het.”

Ek kan dit nie onthou nie. Afgesien van sy heeltydse beroep, het hy party aande die kooroefening by die kerk waargeneem, en soms het hy vir ’n week of twee saam met ’n manskwartet op toer gegaan. Wat my betref…

Tyd Saam

Tydens die rit van twee ure huis toe, het my ma my vir ’n derde keer gevra of my werk iets nuuts opgelewer het. Terwyl ek weereens van die gegewens herhaal het asof ek dit vir die eerste keer aan haar vertel, het ek gewonder hoe ek haar kon help om dit te onthou. My ma het Alzheimersiekte – ’n…

Lewend Gemaak

In sy jongdae het my pa saam met ’n groep vriende na ’n sportgeleentheid in ’n ander distrik gery. Weens die deurdringende reën was die pad baie glad. Die motor het gegly en ’n ernstige ongeluk tot gevolg gehad. Een van Pa se vriende is verlam en ’n ander het gesterf. My pa is dood verklaar en na die lykshuis…

Die Band Van Vrede

Nadat ek ’n vriendin per e-pos aangevat het oor ’n saak waaroor ons verskil, het sy nie daarop gereageer nie. Het ek oortree? Ek wou nie die situasie vererger deur haar te pla nie, maar ek wou ook nie dinge onopgelos laat voordat sy oorsee vertrek nie. Oor die volgende paar dae het sy voortdurend in my gedagtes opgekom. Ek…

Ritmes Van Genade

’n Vriend en sy vrou, nou in hul negentigerjare en reeds 66 jaar lank getroud, het hul familiegeskiedenis vir hul kinders, kleinkinders en dié se nageslagte opgeteken. Die laaste hoofstuk: “’n Brief van Ma en Pa,” bevat hul eie kosbare lewenslesse. Een van hulle het my na my eie lewe laat kyk: “As jy vind dat Christenskap jou uitput, jou…