Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Mart DeHaan

Gesteelde Gedagtes

Toe ek en my vrou per geleentheid in ’n ander staat gereis het, het ons vir middagete stilgehou. Terwyl ons weg was, het iemand die ruit stukkend geslaan en by ons motor ingebreek. Toe ons na die stukkende venster kyk, het ons besef dat ons nie ons GPS (globale posisionerings sisteem) verberg het nie. Ek het gou op die agterste…

’n Familie In Die Moeilikheid

Baie van Amerika se 30 miljoen witstert takbokkies word met uitwissing bedreig en nie deur gewere nie, maar deur die motors in ons groeiende woonbuurtes. Ek het weer aan hulle probleem gedink toe ’n bokooi deur die verkeer gebars het, reg voor my motor in. Terwyl ek toegekyk het, het ek gewonder wat haar gedryf het om so ’n kans…

’n droom van vergete antwoorde

’n Vriend van my het ’n lonende betrekking bedank om sy volwasse seun wat ernstig in ’n motorongeluk beseer is, te versorg. In daardie selfde jaar het die vrou met wie hy 30 jaar getroud was, ’n terminale siekte opgedoen en gesterwe. Hy sê dat hy sedert daardie dag geen antwoorde het as sy seun vir hom vra waarom dit…

huigelary Van die hart

Ware verhale van bedrog en huigelary kan soms vreemder as ’n fabel wees. Volgens ’n nuusberig het ’n vrou van Georgië probeer om ’n rekening van $1,500 met ’n vervalste miljoen dollar noot te betaal. Sy is gearresteer en toe die arme vrou ondervra is, was sy ontsteld en het verklaar dat sy mislei is en dat haar man, van…

Oog tot oog met ’n bulhond

My seun en sy vrou het ’n Amerikaanse bulhond, fris en sterk van lyf en met ’n vreesaanjaende gesig. En totdat ons vriende geword het, was “Buddy” nie seker dat hy my kon vertrou nie. As ek regop gestaan het, het hy van my af weggebly en my nie in die oë gekyk nie. Toe eendag ontdek ek dat as…

onselfsugtige Liefde

Op 4 Desember 2007 het ’n 19 jarige soldaat wat in Irak gestasioneer was, gesien hoedat ’n handgranaat vanaf die dak van ’n gebou gegooi word. Hy het die skiettoring in die tenk beman en hy het probeer om die handgranaat te ontwyk, maar dit het binne in die tenk geval. Hy kon na veiligheid gespring het, en so sy…

om van bome te leer

Aan die Stille Oseaan kus van NoordAmerika is daar reuse Redwood bome. Die hoogste op rekord, Hyperion, reik tot meer as 100 meter in die lug. Gedurende ’n besoek wat ek aan Kalifornië se Muir Woods nasionale Park gebring het, was ek regtig oorweldig deur die reusagtigheid van hierdie bome. Bome so hoog soos ’n gebou van 30 verdiepings het…

Die Wonder van die natuur

Ek het in die Midweste van Amerika opgegroei en is gereeld aangegryp deur die natuurlike dierelewe en plantegroei van ons omgewing. Onlangs het ek ’n besoek aan die kusstreke van Kalifornië gebring en ek moet erken dat ek in ademlose verwondering gestaan het by die aanskoue van die robbe, blaffende seeleeus en die bosryke gebiede. Ek het gesien hoe pelikane…

Die vrees om te val

Het jy al ooit gedroom dat jy van die bed afval of van ’n hoë hoogte neerstort en dan met ’n skok wakker geword? Ek kan onthou hoe ek as jong seun dikwels met daardie verskriklike, angswekkende gevoel wakker geword het. Ek het gehoor van ’n man wat hierdie sensasie gekry het net nadat hy aan die slaap geraak het.…

Sien Jou Stad

“Sien jou stad soos ons dit sien.” ’n Detroit, Michigan, stedelike ontwikkelingsgroep het die slagspreuk gebruik om hul visie vir die stad se toekoms te loods. Maar die projek het skielik tot stilstand gekom toe lede van die gemeenskap bemerk dat iets skort. Afrika-Amerikaners maak ’n groot deel uit van die stad se bevolking en werksmag. Nietemin was mense van…