Ware verhale van bedrog en huigelary kan soms vreemder as ’n fabel wees. Volgens ’n nuusberig het ’n vrou van Georgië probeer om ’n rekening van $1,500 met ’n vervalste miljoen dollar noot te betaal. Sy is gearresteer en toe die arme vrou ondervra is, was sy ontsteld en het verklaar dat sy mislei is en dat haar man, van wie sy geskei is, die noot aan haar gegee het. Hy is ’n versamelaar van geldstukke en note. As ’n mens in ag neem hoe groot die bedrag is, begin jy wonder of die vrou regtig mislei kon word om te dink die noot is eg. Maar miskien is dit ’n goeie voorbeeld van die ongelooflike probleem dat ’n mens jouself kan mislei, dit waarteen die profeet ons waarsku. Toe Jeremia gewaarsku het dat die “hart bedriegliker [is] as enigiets anders” (Jeremia 17:9) spreek hy sy verbasing uit, soveel so dat dit bokant ons begrip is. Hier sê die profeet nie dat sommige van ons die probleem het om eerlik met onsself te wees nie, maar dat almal daardie swakheid het. Tog kan ons dankbaar wees dat die Here ons harte deursoek en dat Hy verstaan (Jeremia 17:10). Hy gee ons rede om te sê: “Here, ons het U hulp nodig. Wys ons asseblief of ons eerlik met onsself en met U is. Indien ons nie is nie, help ons om te verander en op U te vertrou in plaas van op ons eie insigte en wysheid staat te maak.”