Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Kirsten Holmberg

Veranderde Perspektief

My tuisdorp het die koudste winter in dertig jaar ondervind. Dit het ure se harde werk en baie seer spiere geverg om die sneeu om die huis weg te skep. Toe ek later moeg en moedeloos die huis instrompel, het ’n warm kaggelvuur, omring deur my kinders, my begroet. Vanuit die beskerming van my huis het ek na buite gekyk…

’n Rede Om Te Sing

Toe ek 13 jaar oud was, moes alle leerders in ons skool vier verkenningskursusse volg. Dit het huishoudkunde, kuns, koorsang en houtwerk ingesluit. Tydens my eerste koordag het die onderwyseres ons een vir een na die klavier geroep om na ons stemme te luister en ons dan volgens ons stemval na ’n bepaalde plek in die kamer gestuur. Ek het die…

Wat Ons Wil Hoor

Die mens is geneig om moeite te doen om inligting te verkry wat sy opinies staaf. Wanneer ons baie sterk voel oor ons eie saak, vermy ons enige teenkanting wat ons standpunte sal uitdaag.

Dít is presies wat gebeur het tydens koning Agab se heerskappy oor Israel. Toe hy en Josafat – die koning van Juda – samesprekings gevoer het…

Sewe-Letter Geloof

Met ’n geneigdheid tot pessimisme kan ek gou tot negatiewe gevolgtrekkings kom oor hoe my lewe gaan uitdraai. As ’n projek by die werk faal, is ek oortuig dat geen van my pogings ooit suksesvol sal wees nie – en selfs totaal buite verband – dat ek ook nooit my tone gemaklik sal kan raak nie. En, o wee, ek…

Direkte Opdragte

My tweede kind was gretig om in ’n “groot” bed by haar suster te slaap. Elke aand het ek Britta gaan toemaak met streng instruksies om in die bed te bly, anders sou ek haar terugsit in die bababed. Elke aand het ek haar in die gang gekry en my ontmoedigde liefling na die bababed teruggeneem. Jare later moes ek…

Genade Oor Oordeel

My twee kinders het gestry en mekaar oor en weer beskuldig toe hulle hulle saak voor my kom stel. Ek het hulle elkeen afsonderlik aangehoor en gevind dat altwee eintlik ewe skuldig is. Aan die einde van ons gesprekke het ek elkeen gevra wat hulle dink ’n gepaste maar regverdige straf vir die ander een sou wees. Albei het summier ’n…

Die Voorbereidingspan

My vriendin het onlangs besluit om na ’n stad meer as 1000 km van haar tuisdorp te verhuis. Hulle het min tyd gehad om op te pak en het besluit dat haar gade vooruit sou gaan om nuwe verblyf te reël, terwyl sy die pakwerk behartig het. Ek was verstom oor haar vermoë om as’t ware blindelings te kon oppak, sonder…

Wat Is Binne-In?

“Wil jy sien wat is binne-in?” het my vriendin gevra nadat ek haar gekomplimenteer het met die outydse lappop in haar dogtertjie se arms. Natuurlik wou ek graag sien! Sy het die pop gesig ondertoe neergesit en die ritssluiter op die rugkant oopgetrek. Vanuit die laplyfie het Emily versigtig ’n skat uitgehaal: die lappop wat sý dwarsdeur haar kinderjare –…

Om Weer Te Begin

Ná afloop van die Kersvieringe aan die einde van Desember, kies my gedagtes dikwels koers na die komende jaar. Aangesien ons kinders nie meer skoolgaan nie en ons ’n rustige daaglikse roetine volg, besin ek oor my pad van die afgelope jaar asook oor waar ek graag aan die einde van die volgende jaar wil staan. Hiérdie gedagtes gaan dikwels…

Spek En Eiers

In die fabel van die hoender en die vark, oorweeg die twee diere om ’n restaurant saam te begin. Soos hulle die spyskaart beplan, stel die hoender voor dat spek en eiers bedien word. Die vark het beswaar gemaak en gesê:”Nee dankie. Ek sal verbind wees terwyl jy slegs betrokke sal wees.”

Hoewel die vark bereid was om homself aan te…