As kind was ek soms baie eensaam. Dan het my ma my opgebeur deur ’n destyds gewilde liedjie te sing: “Nobody likes me, everybody hates me. I think I’ll go eat worms.” Gou het ek begin glimlag terwyl sy my herinner aan dit wat ek reeds geniet – die baie spesiale verhoudings en al die redes vir dankbaarheid.

Wanneer ek lees dat Dawid gevoel het asof niemand meer vir hom omgee nie, weerklink my ma se liedjie weer in my ore. Tog was Dawid se pyn nie net verbeelding nie. My gevoel van eensaamheid was kenmerkend vir my ouderdom, maar Dawid het goeie rede gehad om verstoot te voel. Hy het hierdie woorde geskryf terwyl hy diep in ’n grot weggekruip het vir Saul wat hom wou doodmaak (1 Sam. 22:1; 24:3-10). Dawid was gesalf as Israel se volgende koning (16:13), en was jarelank in Saul se diens. Maar nou was hy uit vrees vir sy lewe aan die vlug. Te midde van die eensaamheid wat hy beleef het, het hy tot God as sy “toevlug” en as sy “deel in die land van die lewendes” uitgeroep (Ps. 142:6).

Soos Dawid kan ons tot God uitroep as ons alleen voel, wetende dat ons in die veiligheid van Sy liefde uiting kan gee aan ons gevoelens. God verminder nooit ons alleenheid nie. Hy wil ons metgesel wees in die donker grotte van ons lewe. Selfs al dink ons niemand gee vir ons om nie, God gee om!