My tuisdorp het die koudste winter in dertig jaar ondervind. Dit het ure se harde werk en baie seer spiere geverg om die sneeu om die huis weg te skep. Toe ek later moeg en moedeloos die huis instrompel, het ’n warm kaggelvuur, omring deur my kinders, my begroet. Vanuit die beskerming van my huis het ek na buite gekyk en ondervind dat my perspektief van die weer skielik verander toe ek die prag sien van gevriesde boomtakke en die wyse waarop die sneeu die landskap soos ’n wit kombers bedek het.

Ek sien ’n soortgelyke, maar tog baie meer aangrypender, verskuiwing in Asaf as ek sy woorde in Psalm 73 lees. Hy begin deur die manier te betreur waarop die wêreld funksioneer en die verkeerde beloon word. Hy betwyfel die nut daarvan om anders as die wêreld te wees deur eerder goed te doen (vs. 13). Maar sodra hy die heiligdom van God binnegaan, verander sy perspektief (vv. 16-17). Dan onthou hy dat God volkome oor die wêreld en sy probleme sal oordeel en dat dit goed is om naby God te wees (vs. 28).

Wanneer ons deur die oënskynlik eindelose probleme van die wêreld ontmoedig word, kan ons deur gebed God se heiligdom binnegaan en deur die lewens- en perspektief-veranderende waarheid van Sy uiteindelike oordeel, bemoedig word. Ofskoon ons omstandighede nie verander nie, kan ons perspektief wel.