aanklag teen die pastoor
Dit was tydens ’n voetbalwedstryd waarin my kleinseun betrokke was, dat die skeidsregter die fluitjie geblaas het en aangedui het dat ’n strafskop toegeken sou word. Skynbaar is die speler geduik nadat hy die bal aangegee het en die aankondiger wat oor die mikrofoon uitgesaai het, het hom weerspreek. Hy’t gesê: “The penalty is roughing the pastor ... I mean,…
volg die instruksies
As kind was die bou van model vliegtuie een van my stokperdjies. Elke keer as ek ’n nuwe verpakking oopgemaak het, was daar instruksies aangeheg. Maar selfvoldaan het ek gedink ek hoef nie die instruksies te volg nie – ek weet mos hoe om dit te doen. En gewoonlik, nadat ek ’n paar stukke aanmekaar geheg het, het ek ontdek…
Ouer of beter?
Ons kan weet ons is besig om ouer te word as ons die volgende opmerkings aan ander maak: “Kan jy dit glo dat daardie bofbalspelers nog so jonk is?” En dis ’n sekere bewys dat ons ouer word as ons nie langer vra “Hoe gaan dit?” nie, maar eerder sê:“Haai, jy lyk nog so goed,” asof ons verras is. Om…
Ware voorspoed
’n Paar jaar gelede het Citicorp, ’n bankgenootskap, ’n aantal reklameborde oor finansies aangebring. “Geld verwissel van hande – pas net op dat dit jou nie verander nie!” “Indien mense sê dit lyk of jy van geld gemaak is, moet jy aan jou persoonlikheid werk.” Hierdie advertensies het ’n nuwe perspektief op rykdom gegee. God het ook ’n verrassende siening…
Uit die wentelbaan
Dit bly vir my ongelooflik dat ons die hemelruim kan binnedring en dit ondersoek. Maar dink net wat ’n vermorsing dit sal wees as ons ’n ondersoek van Mars wil doen, maar onderweg daarheen, gooi ’n ander minderbelangrike voorwerp se aantrekkingskrag ons planne omver. Pasop! Dis iets wat maklik in ons lewe kan gebeur! Toe Jesus sy dissipels geroep het…
om die gaping te oorbrug
Toe my kinders nog jonk was, het ek nogal gedink hulle sou beïndruk wees met dit wat ek tot stand gebring en bereik het – dat hulle my boeke sou lees en beïndruk sou wees met al my toesprake en optredes. Maar toe kom ek agter dat hulle nie een van my boeke gelees het nie en ook nie bewus…
’n slag slaan of nie slaan nie
As jy soos ek is, hou jy van ’n lonende ooreenkoms – nie net winskopies nie, maar om ’n slag te slaan en baie vir jouself te kry terwyl jy min hoef te gee. Indien jy hierdie tipe ooreenkomste verstaan, sal jy miskien die verlore seun se plan, toe hy teruggekeer het huis toe, beter begryp. In daardie dae was…
Word sigbaar voordat jy praat
Daar was ’n tyd toe ’n sekere stad aan die weskus van Amerika erg teen die evangelie gekant was. Plakkate wat heksery adverteer en allerhande onchristelike byeenkomste propageer, het oral in koffiewinkels verskyn. Vir die kerke was dit ’n baie moeilike situasie en hulle het gesukkel om toestemming van die stadsraad te kry vir die oprigting van geboue en ander…
’n Pragtige melodie
Gedurende die lente van 2009 het Susan Boyle deelgeneem aan die Britain’s Got Talent kompetisie. In vergelyking met ander deelnemers, het sy maar bra onindrukwekkend voorgekom. Niemand het baie van haar verwag nie, totdat sy die mikrofoon na haar lippe gebring het. En toe sy begin sing, was die beoordelaars aangegryp deur die skoonheid en krag van haar stem. Haar…
Dis nie regverdig nie
“Dis onregverdig!” Of jy dit al gesê het, of net gedink het, jy moet erken, dis moeilik om te sien dat iemand met iets wegkom en nie kry wat hy verdien nie. Ons leer dit van kindsbeen af. Vra net vir die ouer van enige tiener. Kinders haat dit dat hulle broers of susters loskom as hulle oortree het. Dis…