Gedurende die lente van 2009 het Susan Boyle deelgeneem aan die Britain’s Got Talent kompetisie. In vergelyking met ander deelnemers, het sy maar bra onindrukwekkend voorgekom. Niemand het baie van haar verwag nie, totdat sy die mikrofoon na haar lippe gebring het. En toe sy begin sing, was die beoordelaars aangegryp deur die skoonheid en krag van haar stem. Haar stem het die hele ouditorium gevul en die gevolg was dat die hele gehoor opgestaan en haar spontaan toegejuig het. Almal was verbaas dat so ’n wonderlike stem uit so ’n onindrukwekkende persoon kon voortkom. Almal van ons is maar redelik onwaarskynlike bronne van die skoonheid en krag van Jesus. Maar dis hoe Hy dit beplan het. Eenvoudige mense soos ek en julle, neem beurte om op die verhoog van die lewe op te tree voor ’n skeptiese en veroordelende wêreld, sodat ons vriende, familie en almal wat die arena van ons lewe vul, kan hoor van die liefde en genade van Jesus – dit wat uit ons lewens tevoorskyn kom! Ek hou so van Petrus se woorde. Ons is “’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat [ons] … uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig” (1 Petrus 2:9). Jy mag dink jy is ’n baie onwaarskynlike bron, maar as jy toelaat dat Jesus se liefde deur jou vloei, sal die wêreld opstaan en luister.