Vrede op aarde?
Ek sou nie graag die stryd teen ’n hemelse engeleskaar wou aanknoop nie, maar ek moet erken dat ek al gewonder het oor die belofte wat engele aan die skaapwagters daar in Betlehem gemaak het. Hulle het vrede belowe, maar die afgelope 2000 jaar het ons planeet nog maar min vrede geken. Oorloë woed voort en onskuldige lewens word vernietig.…
Die soekende god
Pastoor Tim Keller van die Redeemer Presbeteriaanse Kerk in Manhattan, sê dat die Christelike geloof uniek is en anders as al die ander godsdienste. Dit handel oor God, wat op soek is na die mens om ons na Homself te trek. In al die ander godsdienste is die mens op soek na God en probeer hulle om deur positiewe optrede,…
Volkome oorgawe
Deur die geskiedenis heen is Maria, die moeder van Jesus, met besondere agting bejeën. Dis ook reg so! God het haar gekies om die moeder van ons Here Jesus te wees. Maar voordat ons oor die belangrikheid van haar lewe gesels, laat ons nadink oor wat sy moes opoffer om hierdie opdrag te aanvaar. Woonagtig in ’n klein dorpie in…
’n versamelaar se hemel
Mense hou daarvan om goed te versamel, soos byvoorbeeld seëls, muntstukke en so aan. Alhoewel dit ’n aangename stokperdjie kan wees, sal alles eendag, wanneer ons die aarde verlaat, iemand anders s’n word. Wat sou dit jou baat om baie hier op aarde te versamel, maar niks in die ewigheid te belê nie? Jesus het ook iets oor hierdie saak…
nasionale trots
Ek en Martie, my vrou, het baie lief geword vir Engeland – die geskiedenis, kultuur en inwoners. As ons daar besoek aflê, is dit een van ons vreugdes om die opelug konserte, ook bekend as proms, by te woon. Dit word gewoonlik op grasperke van een of ander bekende landgoed gehou. “Die laaste Nag van die Proms” is altyd die…
God se teenwoordigheid in die kerk
Ek geniet dit om kerke se leuses of slagspreuke te lees, dit wat jy gewoonlik voor op die advertensieborde sien. Ek het een gelees wat sê: “Kom in en ondervind die kosbare teenwoordigheid van God.” Dit het my aandag getrek, want dis ’n belangrike belofte en een wat soms moeilik is om na te kom. Dis ’n uitdaging, want die…
om oor die weg te kom
Ek kan nog goed onthou hoe moeilik dit destyds was, wanneer ons as familie met vakansie gegaan het, met die kinders agter in die motor. Die vreugde is bederf deur die gestry agterin en die klagtes wat gedurig opgegaan het. Wie onthou nie die ontstellende gekla: “Pa sy het my gestamp!” of “Ma, hy wil my nie ’n beurt gee…
sigbare Wenke
Wat is die eerste beeld wat jy sien wanneer jy jou rekenaar aanskakel? Miskien is dit ’n familiefoto of ’n spesiale vakansiefoto. Of dalk is dit jou geliefkoosde sportman of vrou? Het jy al ooit daaraan gedink om ’n beeld van Jesus daar te plaas? ’n Man het lank gelede aan my geskryf oor sy geweldige stryd teen pornografie. Dit…
kolskoot!
Indien ons nie versigtig is nie, kan dit met ons gaan soos met die man wat daarop geroem het dat hy ’n bedrewe boogskutter was. Die geheim van sy sukses was egter dat hy, nadat hy ’n pyl teen die waenhuis vasgeskiet het, ’n sirkel daarom getrek het en beweer het dat dit die kol was wat hy getref het.…
snydende opmerkings
Die skrywer van Spreuke beskrywe ’n dwase persoon as iemand wie se woorde “soos dolksteke” is (Spreuke 12:18). Ons tonge kan soos ’n baie skerp Switserse dolk wees wat baie lemme het en ons kan dit gebruik om ander mense op baie maniere seer te maak, te vernietig en te na te kom. Ons ongesonde houdings van woede, irritasie, frustrasie…