“Ja!” Vir Die Liefde
Carissa het op 21 Augustus 2016 foto’s van ’n vernietigende vloed in Louisiana op sosiale media geplaas. Sy het die volgende oggend ’n nota van iemand wat om hulp smeek, daarby geplaas. Vyf ure later het sy en Bobby, haar man, ander uitgenooi om saam met hulle die reis van 1,610 kilometer af te lê en hulp te gaan verleen.…
Asembenemende Heerlikheid
’n Groot lekkerte van ’n reis na Europa is om die pragtige katedrale te besoek. Hulle is asemrowend mooi waar hulle hemelwaarts uitstyg. Die argitektuur, kuns en simboliek bied ’n boeiende ervaring van verwondering en prag.
Terwyl ek nagedink het oor die feit dat hierdie strukture gebou is om God se heerlikheid en Sy allesoortreffende glans te weerspieël, het ek…
Tradisies en Kersfees
As jy vandag ’n lekkergoedkierie geniet, sê “danke schön” aan die Duitsers, want daardie lekkergoed was heel eerste in Keulen gemaak. As jy ’n poinsettia bewonder, sê “gracias” aan Meksiko, waar die plant vandaan kom. Sê “merci beaucoup” aan die Franse vir die woordjie noel (Kersfees), en roep “Hoera!” vir die Engelse vir jou mistel.
Wanneer ons ons tradisies en feestelikhede…
Daardie Beroemde Glimlag
Nadat ek en my vrou bevoorreg was om die Louvre in Parys te besoek, het ek my elfjarige kleindogter, Addie, geskakel. Toe ek aan haar noem dat ons die beroemde skildery van da Vinci, die Mona Lisa, gesien het, was Addie se eerste vraag: “Glimlag sy?”
Is dit nie maar die grootste vraag rondom hierdie skildery nie? Meer as 600…
Rut Se Verhaal
Rut kan nie haar verhaal vertel sonder om te huil nie. In haar middel tagtigs en onbekwaam om oral rond te beweeg, blyk sy nie ’n sentrale figuur in ons kerklewe te wees nie. Sy is afhanklik van ander om haar iewers heen te vervoer en omdat sy alleen bly, strek haar invloedsfeer ook nie ver nie.
Haar verhaal van…
Kamer 5020
Jay Button het sy hospitaalkamer in ’n ligbaken omskep.
Die 52-jarige eggenoot, vader, hoërskoolonderwyser en breier was besig om aan kanker te sterf, maar sy kamer – Kamer 5020 – het ’n baken van hoop geword vir vriende, familie en hospitaalpersoneel. Verpleegsters wou hóm versorg vanweë sy vreugdevolle houding en sterk geloof. Sommige het selfs ná werktyd ingeloer.
Terwyl sy…
Binne En Buite Nuut
’n Paar jaar gelede het ’n uitgewer ’n groot fout begaan. Dit was tyd dat ’n boek wat reeds jare op die mark was ’n nuwe baadjie moes kry. Die skrywer het die boek herskryf om dit op datum te bring. Toe die hersiene uitgawe gepubliseer is, was daar egter ’n probleem. Die uitgewer het die boek ’n mooi en…
Die Belange Van Ander
My vriend Jaime werk vir ’n reuse internasionale bestuursorganisasie. Nog in sy beginjare daar het ’n man na sy lessenaar gekom en met hom begin gesels. Hy wou weet wat Jaime daar doen. Jaime het hom van sy werk vertel en die man se naam gevra. “My naam is Rich,” het hy geantwoord. “Aangename kennis,” het Jaime gesê. “En wat…
’n Nuwe Mens
Toe ’n groep tieners ’n tehuis vir bejaardes in Montego Bay, Jamaika besoek het, het ’n jong vrou ’n eensame man bespeur. Dit het voorgekom dat hy min in die wêreld behalwe sy bed gehad het – ’n bed waaruit hy, as gevolg van sy gestremdheid, nie kon beweeg nie.
Die tiener het dadelik die verhaal van God se liefde vir…
“Ek Is Regtig Bang ...”
“Ek is regtig bang.” Dit is die droewige briefie wat ’n tiener aan haar vriende op Facebook gepos het, toe sy hulle vertel het van haar komende mediese toetse. Sy het hospitalisasie en ’n reeks prosedures, in ’n stad drie ure van die huis af, in die gesig gestaar en sy het angstig gewag vir dokters om die bron van…