’n Paar jaar gelede het ’n uitgewer ’n groot fout begaan. Dit was tyd dat ’n boek wat reeds jare op die mark was ’n nuwe baadjie moes kry. Die skrywer het die boek herskryf om dit op datum te bring. Toe die hersiene uitgawe gepubliseer is, was daar egter ’n probleem. Die uitgewer het die boek ’n mooi en nuwe omslag gegee, maar die oorspronklike weergawe vir die inhoud gedruk.

Die buiteblad was vars en nuut, maar die inhoud was verouderd. Hierdie “herdruk” was nie nuut nie.

Soms gebeur dié soort ding met mense. Hulle besef ’n verandering moet gemaak word. Dinge is op die verkeerde pad. So kan hulle ’n nuwe baadjie aantrek sonder om ’n belangrike verandering in hul hart te ondergaan. Hulle mag hul gedrag aan die buitekant verander sonder om te besef dat net God ons binnekant kan verander.

In Johannes 3 het Nikodemus besef dat Jesus “van God af gekom het” (vs. 2) en dat Hy iets heel anders gebied het. Wat Jesus vir Nikodemus gesê het, het hom laat besef dat Hy niks minder as ’n wedergeboorte bied nie (vs. 4). Hy moes “wedergebore” word om heeltemal nuut te word (vs. 7).

Daardie verandering kom slegs deur geloof in Jesus Christus. “Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Kor. 5:17). Het jy ’n verandering nodig? Plaas jou geloof in Jesus. Hy is die een wat jou hart sal verander en alles nuut maak.