Jason Bohn was nog ’n student by ’n kollege toe hy eendag ’n kolhou in gholf geslaan en een miljoen dollar gewen het. Terwyl ander die geld miskien roekeloos sou vermors, het Bohn ’n plan gehad. Hy wou die geld gebruik om beter opleiding te ontvang, sodat hy sy gholf kon verbeter – ’n belegging vir sy toekoms. Die belegging was die moeite werd, want hy het later die PGA Toer se 2005 B. C. Ope toernooi gewen. Bohn se besluit om die geld vir sy toekoms te belê en nie roekeloos te verkwis nie, was beslis die moeite werd en ’n wyse stap. In ’n sekere sin is dit wat Jesus ons vra. Sekere hulpbronne is aan toevertrou – tyd, vermoë en geleenthede en ons moet besluit hoe ons hierdie hulpbronne gaan gebruik. Die uitdaging wat aan ons gerig word, is om die hulpbronne vir die langtermyn te belê. “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar” (Matteus 6:20) is hoe Jesus dit vir ons interpreteer. Daardie skatte wat belê is, kan nie vernietig word of van ons weggeneem word nie. Dit is Jesus se versekering aan ons. Dink aan al jou hulpbronne: talente, tyd, kennis. Al hierdie dinge is tydelik maar as jy hulle belê met die oog op die toekoms, kan hierdie hulpbronne ’n ewige impak hê. Wat is jou fokus? Is dit nou, of is dit vir ewig? Belê in die toekoms. Dit sal nie net ’n ewige impak maak nie maar dit sal ook jou lewenswyse verander.