Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Anne Cetas

Bly Naby

My vriendin wat saam met my gereis het, was ’n bietjie verward en onseker. Toe ons by die lughawe aankom het sy vergeet om haar identifikasiekaart beskikbaar te hê en sy kon ook nie haar besprekingsnommer vind nie. Die persoon by die kaartjie toonbank was baie geduldig en het haar toe by die aanmeldtoonbank deurgehelp. Nadat sy eindelik haar kaartjie…

Beïnvloed ’n Lewe

My vriend, Dan, sou binnekort sy hoërskool loopbaan voltooi en moes ’n aanbieding doen. Hy het vyftien minute tot sy beskikking gehad om te vertel hoe hy sover gekom het om sy sertifikaat te verwerf en om diegene wat hom gehelp het, te bedank. Ek het deur die vertrek gekyk voordat hy begin praat het en opgemerk hoe baie persone…

Rus Daarin

Die aangenaamste tyd van die liggaamsoefening klas wat ek bywoon, is die laaste vyf minute. Dan lê ons almal plat op die rug op ons matte, die ligte dof sodat ons regtig kan ontspan. Gedurende daardie periode sê ons instrukteur soms saggies: “Vind ’n plekkie waarin jy kan rus.” Ek dink altyd die beste plekkie waar ek kan rus, word…

Ons Afhanklikheid

Terwyl ons op die koms van ons agterkleinniggie gewag het, het ek weer besef hoeveel tyd en aandag vereis word om ’n nuutgebore baba te versorg. Hulle is behoeftige klein mensies wat gevoed, geklee, vasgehou en weer gevoed, geklee en vasgehou moet word. Hulle kan nie vir hulleself sorg nie en is afhanklik van die ouer mense om hulle. Maar…

Die Voordeel Van Twyfel

Gedurende 1860 het Thomas Inman geneeshere aanbeveel dat hulle nie medisyne voorskryf as hulle nie seker is dat dit sal werk nie. Hulle moes aan die pasiënt “die voordeel van die twyfel” gee. Hierdie uitdrukking is ook ’n wetlike term en dit beteken as ’n jurie nie eensgesind is nie en verskille van opinie het, moet hulle ’n uitspraak van…

’n Ewige Erediens

Twee jong seuns het elke Sondag heel voor in die kerk gesit en geluister na die boodskap wat hulle pa gebring het. Een aand, nadat die seuns bed toe is, het die pa gehoor dat een van hulle lê en huil. Hy gaan vra hom toe wat fout is en aanvanklik was die seuntjie huiwerig om te antwoord. Eindelik het…

die vyf minute wet

Ek het gelees van ’n ma wat ’n vyf minute wet vir haar kinders gehad het. Hulle moes elke dag vyf minute voor die tyd byeenkom en gereed wees om skool toe te gaan. Hulle moes om hulle ma vergader en dan het sy vir elkeen van hulle by name gebid en die Here gevra om hulle die dag te…

’n ruiker van lofprysing

Corrie ten Boom (1892-1983) was gedurende die Tweede Wêreldoorlog in ’n konsentrasiekamp. Na die oorlog het sy ’n bekende en populêre spreker geword wat dwarsdeur die wêreld opgetree het. Duisende het haar byeenkomste bygewoon en sy het vertel hoedat sy geleer het om die Duitsers wat haar gevange geneem het, te vergewe, soos wat Christus haar haar sonde vergewe het.…

sal ek moet vertel?

Jim het die evangelie met Kerrie gedeel en haar vertel dat sy van die heilige God geskei is as gevolg van haar sonde. Jesus het egter ter wille van haar sonde aan die kruis gesterwe en uit die dood opgestaan, sodat sy vergifnis kon ontvang. Maar elke keer het sy dieselfde rede aangevoer waarom sy nie kon glo nie: “As…

god is aan die werk

Jack en Trisha was laat een nag onderweg na die hospitaal vir die geboorte van hulle tweede kindjie. Onverwags het iets dramaties gebeur. Trisha het begin om geboorte te skenk! Desperaat het Jack 911 geskakel en Cherie White, ’n krisisbeampte, het aan hom verduidelik hoe om die geboorte te hanteer. Toe die baba gebore is, wou die baba nie asemhaal…