Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Amy Boucher Pye

Die Oorkoming Van Vrees

Ons liggame reageer op gevoelens van angs en vrees. Die teken van angs word gewoonlik deur ’n kol op die maag en die wilde geklop van die hart, gepaard met ’n gehyg na asem, aangedui. Ons liggaamlike natuur reageer en verhinder dat hierdie gevoelens van ongemak ignoreer word.

Die dissipels het die nag nadat Jesus die meer as 5000 mense…

Die Laaste Woord

Gedurende ’n filosofie-lesing aan ’n universiteit het ’n student opruiende kommentaar oor die professor se standpunte kwytgeraak. Tot die studente se verbasing het die professor die student bedank en met die volgende besprekingspunt voortgegaan. Toe hy later gevra is waarom hy nie die student geantwoord het nie, het die professor gesê: “Ek beoefen die dissipline om nié die laaste woord…

Die Krag Van Gebed

Toe ek op ’n keer diep bekommerd was oor die welsyn van ’n persoon na aan my, het ek bemoediging geput uit ’n deel van die Ou-Testamentiese verhaal van Samuel, die wyse leier van die Israeliete. Terwyl ek gelees het hoe Samuel vir God se volk ingetree het, het ek my voorgeneem om ook te bid vir die een vir…

God Met Ons

“Christus met my, Christus voor my, Christus agter my, Christus in my, Christus onder my, Christus bo my, Christus regs van my, Christus links van my ... ” Hierdie lirieke van ’n gesang, geskryf deur Christian St Patrick, eggo in in my kop wanneer ek Matteus se weergawe van Jesus se geboorte lees. Dit voel soos ’n warm omhelsing, wat…

Ons Magtige God

Eendag het ek dit baie geniet om op die strand te staan en kyk hoe seilplankryers wat deur die krag van die wind voortgedryf was, oor die water bons. By navraag het een van die deelnemers my verseker dat hierdie manier van branderry, waar die wind ingespan word om die werk te doen, baie makliker as gewone branderplankry is.

Soos…

’n Goeie Einde

Soos wat die teaterligte verdof en ons ons voorberei het om na Apollo 13 te kyk, het my vriend gefluister: “Foeitog, hulle het almal gesterf”. Ek het met afwagting na die fliek van die 1970 ruimtevaart gekyk, wetende dat dit op ’n tragiese einde afstuur, net om later te besef dat ek vergeet het hoe die ware verhaal geëindig het –…

Gewortel In God

Toe vriende hul intrek in hul nuwe huis geneem het, het hulle ’n wisteria naby hul heining geplant en uitgesien na die lilakleurige bloeisels wat ná ’n groeiperiode van vyf jaar sou verskyn. Hulle het die plant  langer as twee dekades lank geniet, dit versigtig gesnoei en versorg. Die wisteria het onverwags doodgegaan omdat die bure aan hulle kant van…

Jesus Vermom

’n Vriendin wat haar skoonmoeder versorg het, het haar gevra wat sy die heel graagste wou hê. “Dat my voete gewas word,” het die dame geantwoord. My vriendin het erken: “Ek het dit gehaat! Elke keer wat sy my gevra het om dit te doen, was ek teësinnig en het ek die Here gevra om my gevoelens weg te steek.”…

Die Goeie Herder

Ek het saam met my man in die hospitaal gesit en wag. Ek was angstig omdat ons jong seun korrektiewe oogchirurgie ondergaan het. Ek kon voel hoe die onrus en kommer soos skoenlappers in my maag fladder. Ek het probeer bid en God om Sy vrede gevra. Terwyl ek deur my Bybel blaai, het ek aan Jesaja 40 gedink. Onderwyl…

Hy Sweef Bokant Ons

Betty se dogter het ná ’n oorsese reis siek tuis gekom. Toe haar pyn ondraaglik word, het Betty en haar man haar na die noodeenheid geneem. Die dokters en verpleegsters het aan die werk gespring en ná ’n paar uur het een van die verpleegsters vir Betty kom sê: “Jul dogter gaan gesond word. Ons sal mooi na haar kyk…