Adverteerders het tot die slotsom gekom dat dit waarop kykers die meeste reageer, hulle eie name is. ’n Televisiekanaal in die VK het toe persoonlike advertensies bekendgestel, op hulle aanlyndienste.

Ons mag geniet om ons naam op die televisie te hoor, maar dit beteken nie veel, sonder die innigheid van die sê van ons naam, deur iemand wat lief is vir ons nie.

Maria Magdalena se aandag is by die graf getrek, waar Jesus se liggaam neergelê is na Hy gekruisig is, toe Hy haar naam gesê het (Johannes 20:16). Met daardie enkele woord, het sy in herkenning na die Meester, wat sy liefgehad en gerespekteer het gedraai, en ek veronderstel, met ongeloof en vreugde. Die gemaklikheid waarmee Hy haar naam gesê het, het sonder twyfel bevestig dat die Een wat haar perfek geken het, gelewe het.

Hoewel Maria ’n unieke en spesiale oomblik met Jesus gedeel het, het God ons ook persoonlik lief. Jesus het aan Maria gesê dat Hy na Sy Vader gaan opvaar (vs. 17), maar Hy het ook aan Sy dissipels gesê dat Hy hulle nie alleen sal laat nie (Johannes 14:15–18). God sal die Heilige Gees stuur om in Sy kinders te woon en te leef (Handelinge 2:1–13).

God se verhaal verander nie. Toe of nou, Hy ken diegene wat Hy liefhet (Johannes 10:14–15). Hy roep ons op ons naam.