Month: April 2018

Die Kuns Van Vergifnis

Ek het een middag twee ure by die kunsuitstalling: Die vader en sy twee seuns – die kuns van vergifnis, deurgebring. Al die stukke het gefokus op Jesus se gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:11-32). Edward Rojas se skildery van Die verlore seun het veral sterk tot my gespreek. Dit beeld die eens wederstrewige seun se tuiskoms uit. Sy klere…

Nie So Haastig Nie!

“Roei spoed met wortel en tak uit!” Toe twee van my vriende hierdie gesegde van die wyse Dallas Willard aanhaal, het ek geweet ek moet dit ter harte neem. Waar draai ek en waar vermors ek my tyd en energie? Meer nog: waarheen het ek voortgespoed sonder om God om Sy leiding en hulp te vra? In die weke en…

Om Na Herkoms Te Oordeel

“Waarvandaan kom jy?” Ons vra dikwels dié vraag wanneer ons iemand beter wil leer ken. Tog is die antwoord vir baie van ons gekompliseerd. Soms wíl ons nie al die fyner detail deel nie.

Jefta sou dalk glad nie die vraag wou beantwoord nie. Sy halfbroers het hom juis oor sy verdagte herkoms uit sy tuisdorp Gilead weggejaag, want “...…

Leer Om God Te Ken

Ek wou my lewe lank ’n ma wees. Dit was my droom om te trou, swanger te raak en my baba vir die eerste keer in my arms vas te hou. Toe ek uiteindelik trou, het ek en my man dit nie eers oorweeg om te wag voordat ons met ’n gesin begin nie. Met elke negatiewe swangerskapstoets het ons…

Slegs ’n Sekonde

Wetenskaplikes is nogal puntenerig oor tyd. Die kundiges van die Goddard Space Flight Center in Maryland het aan die einde van 2016 die jaar met ’n ekstra sekonde verleng. As dit dus vir jou gevoel het asof die jaar ’n bietjie langer gesloer het, is jy reg!

Waarom het hulle dit gedoen? Omdat die aarde se rotasie algaande stadiger raak,…

’n Rede Om Te Sing

Toe ek 13 jaar oud was, moes alle leerders in ons skool vier verkenningskursusse volg. Dit het huishoudkunde, kuns, koorsang en houtwerk ingesluit. Tydens my eerste koordag het die onderwyseres ons een vir een na die klavier geroep om na ons stemme te luister en ons dan volgens ons stemval na ’n bepaalde plek in die kamer gestuur. Ek het die…

Binne Ons Storms

Die wind het geloei, weerlig het geblits, die branders het gemaal en ek het gedink ek gaan sterf. Ek en my oupa en ouma het gaan visvang, maar te lank op die meer getalm. Met sonsondergang het ’n vinnige reënwindbui ons bootjie ingehaal. Oupa het my beveel om aan die voorkant te gaan sit sodat dit nie omslaan nie. Angs…

Lyding Raak Een Én Almal

Toe een van ons kollegas vanweë erge pyn nie kon kom werk nie, was almal besorg. Nadat hy hospitaal toe is en ’n dag in die bed deurgebring het, het hy werk toe gekom en ons die oorsaak van die pyn gewys – ’n niersteen. Ek het na die steen gekyk en gekrimp van simpatie toe ek die verskriklike pyn…

Geloof, Liefde en Hoop

My tant Kathy het haar pa – my oupa – tien jaar lank in haar huis versorg. Toe hy nog onafhanklik was, het sy vir hom gekook en die huishouding behartig. Toe hy siek word, het sy die rol van ’n verpleegster vervul.

Haar diens is ’n moderne voorbeeld wat gestalte gee aan Paulus se woorde toe hy aan die…

Hoe Lank Nog?

In Lewis Carroll se klassieke verhaal: Alice in Wonderland, vra Alice: “Hoe lank is vir altyd?” Die Wit Haas antwoord: “Soms net ’n sekonde lank.”

Vir altyd ... dis hoe dit gevoel het toe my broer David skielik oorlede is. Die dae voor sy gedenkdiens het sleepvoet verloop en ons gevoel van verlies en hartseer verskerp. Dit het gevoel asof…