Month: September 2017

Binne En Buite Nuut

’n Paar jaar gelede het ’n uitgewer ’n groot fout begaan. Dit was tyd dat ’n boek wat reeds jare op die mark was ’n nuwe baadjie moes kry. Die skrywer het die boek herskryf om dit op datum te bring. Toe die hersiene uitgawe gepubliseer is, was daar egter ’n probleem. Die uitgewer het die boek ’n mooi en…

Vars Geloof

As jy my vertel het dat God ons ​​ervaring met my seun, wat in daardie stadium ’n heroïenverslaafde was, eendag sou gebruik om ander gesinne te bemoedig wat dié soort teëspoed in die gesig staar, sou ek dit skaars kon glo. God het ’n manier om die goeie uit moeilike omstandighede te laat voortspruit al is dit moeilik om dit…

Toe Ek Nie Kon Bid Nie

Toe ek hoor ek moet ’n hartoperasie ondergaan, was ek geskok. Ek kon dit moontlik nie oorleef nie! Was daar verhoudings wat herstel moes word? Of finansiële aangeleenthede waaraan ek aandag moes skenk? Al sou die operasie suksesvol wees, sou dit maande duur voordat ek kon werk. Watter werk kon ek vooraf afhandel? En wat van die dringende dinge –…

Klere Vir Die Klimaat

Terwyl ek die etiket aan ’n kledingstuk vir die winter verwyder, glimlag ek oor die bewoording op die agterkant: “WAARSKUWING: Hierdie innoverende produk sal maak dat jy in die buitelug wil bly.” As ’n persoon behoorlik geklee is vir die klimaat, kan jy die veranderende weerstoestande oorleef en selfs daarin floreer.

Dieselfde beginsel geld ons geestelike lewe. As volgelinge van…

Afgesonder Maar Nie Vergete Nie

Ek het ’n knop in my keel gehad toe ek my niggie op die vooraand van haar verhuising na Boston Universiteit, Massachusetts, groet. Al was sy as ’n voorgraadse student 4 jaar lank weg van die huis af, het sy nie ons staat verlaat nie. Ons het maklik herenig ná ’n reis van 2 ½ uur. Dié keer sou sy meer…

Van Leeg Tot Oorvloed

’n Gewilde kinderboek vertel die verhaal van ’n arme plaasjapie wat sy pet afhaal om die koning te eer. ’n Identiese hoed verskyn dadelik weer op sy kop en dít het die koning se toorn aangehits. Bartholomew verwyder hoed na hoed terwyl hy na die paleis begelei word. Elke keer verskyn ’n nuwe een in sy plek. Kosbare juwele en…

Woon In Tente

Ek het grootgeword in Minnesota – ’n plek wat bekend is om sy talryke pragtige mere. Ek het dit geniet om uit te kamp en die wonders van God se skepping te geniet. Maar dit was nie juis my gunstelingervaring om in ’n dun tent te slaap nie – veral nie gedurende ’n reënerige nag wanneer ’n lekkende tent ’n…

Wat Het Simon Gesê?

’n Man genaamd Refuge Rabindranath is die afgelope tien jaar ’n jeugwerker in Sri Lanka. Hy het dikwels tot laatnag met die jeug omgegaan. Hy het met hulle gespeel, na hulle geluister, berading gedoen en hulle geleer. Hy geniet sy werk, maar dit kan teleurstellend wees as belowende studente soms van die geloof af wegdraai. Soms voel hy die soos…

Soet En Suur

Toe ons kleuter die eerste keer aan ’n suurlemoenwiggie gebyt het, het hy sy neus op ’n plooi getrek, sy tong uitgesteek en sy oë toegeknyp. “Suur,” het hy gesê.

Ek het gelag en wou die wiggie in die asblik gooi.

“Nee!” Xavier het van my af weggeskarrel. Sy lippies het met elke happie geplooi. Ek het gegril toe hy…

Die Daaglikse Gebed

Die sanger/liedjieskrywer Robert Hamlet het “Lady Who Prays for Me” as ’n huldeblyk aan sy ma geskryf. Sy het ’n punt daarvan gemaak om soggens vir haar seuns te bid. Nadat ’n jong ma Hamlet hoor sing het, het sy haar daartoe verbind om vir haar eie seuntjie te bid. Die gevolge was verblydend! Net voordat hy by die deur…