Toe ons kleuter die eerste keer aan ’n suurlemoenwiggie gebyt het, het hy sy neus op ’n plooi getrek, sy tong uitgesteek en sy oë toegeknyp. “Suur,” het hy gesê.

Ek het gelag en wou die wiggie in die asblik gooi.

“Nee!” Xavier het van my af weggeskarrel. Sy lippies het met elke happie geplooi. Ek het gegril toe hy die skil vir my gee en wegstap.

My smaak weerspieël my voorliefde vir die soeter oomblikke in die lewe. My voorkeur om alle bitter dinge te vermy, herinner my aan Job se vrou, wat my teësin in die bitterheid van lyding deel.

Job het hom nie in swaarkry verlustig nie, maar het God in hartverskeurende omstandighede vereer (Job 1:1-22). Toe pynlike swere Job se liggaam teister, het hy die pyn verdra (2:7-8). Sy vrou het gesê: “Vervloek God en sterf!” (vs. 9), maar Job het die Here vertrou, selfs deur lyding en verdrukking (vs. 10).

Dis vanselfsprekend om die bitterheid van die lewe te wil vermy. Ons kan selfs in die versoeking kom om, wanneer ons beproef word, teen God te murmureer. Maar die Here gebruik beproewinge om ons te leer om Hom te vertrou, afhanklik van Hom te wees en om tydens moeilike tye te volhard. Nes in Job se geval is dit nie nodig om lyding te verduur om die onverwagse soetigheid van ons bitter oomblikke te geniet nie, maar wel die Goddelike versterking van ons geloof.