’n Man genaamd Refuge Rabindranath is die afgelope tien jaar ’n jeugwerker in Sri Lanka. Hy het dikwels tot laatnag met die jeug omgegaan. Hy het met hulle gespeel, na hulle geluister, berading gedoen en hulle geleer. Hy geniet sy werk, maar dit kan teleurstellend wees as belowende studente soms van die geloof af wegdraai. Soms voel hy die soos Simon Petrus van Lukas 5.

Simon het die hele nag gewerk maar geen vis gevang nie (vs. 5). Hy was moedeloos en moeg. Tog, toe Jesus vir hom sê: “Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang” (vs. 4), het Simon geantwoord: “Op u woord sal ek die nette uitgooi” (vs. 5).

Simon se gehoorsaamheid was merkwaardig. As ’n gesoute visserman het hy geweet die vis trek na die bodem van die meer wanneer die son uitkom, en die sleepnette kon nie diep genoeg afsak om dié vis te vang nie.

Sy bereidwilligheid om Jesus te vertrou is beloon. Nie net het Simon ’n groot aantal vis gevang nie, maar hy het ook ’n dieper begrip verkry van wie Jesus is. Hy het Jesus eers “Meneer” (vs. 5) genoem, maar daarna “Here” (vs. 8). Om te “luister” stel ons dikwels in staat om die werke van God eerstehands te sien en tot Hom te nader.

Miskien roep God jou om “jou nette uit te gooi.” Mag ons antwoord aan die Here dieselfde as Simon s’n wees: “Op u woord sal ek die nette uitgooi.”