Voel jy arm?
Ek dink ons voel almal af en toe soos Dawid in Psalm 86:1 gevoel het. Hy sê: “Ek is hulpeloos en arm.” Maar selfs die rykste onder ons moet verstaan dat armoede en behoefte meer op die geestelike van toepassing is, as op die beursie. Wanneer die biljoenêr, Rich De Vos, met groepe praat, sal hy dikwels sê: “Ek is…
Die singende Bak
Michael Flynn, kunstenaar en wetenskaplike, het ’n singende bak ontwerp wat hy by die ArtPrize internasionale kunskompetise in Grand Rapids, Michigan wou tentoonstel. Die bak vereis geen elektrisiteit om te funksioneer nie, maar wel iets wat nie altyd beskikbaar is nie: samewerking. Ek het toegekyk hoe mense probeer het om die bak te laat sing, en ek was verbaas dat…
Om hoop te Vind
Navorsers aan die universiteit van Minnesota het ’n studie gedoen en vasgestel dat 15 persent van die tieners dit as “hoogs waarskynlik” beskou dat hulle voor hulle 35ste verjaarsdag sou sterwe. Dié groep met hierdie negatiewe siening, sal meer geneig wees om roekeloos te lewe. Dr. Iris Borowsky, wat hierdie studie wat in die Pediatrics tydskrif gepubliseer is, gedoen het,…
Doen net wat reg is
Op ’n buitelandse reis het ek ’n advokaat ontmoet wat ook van my tuisstad in New Jersey afkomstig is. Ons het gesels en was verbaas hoeveel ons in gemeen het. In die loop van die gesprek, het hy gevra: “Het jy gesê jou van is Stillwell?” “Nee,” het ek gesê. “Dis Stowell.” Hy het toe vertel dat hy ’n klient…
Die wyer wêreld
Ek het ’n poskaart van my TV maatskappy ontvang. Hulle nooi my uit om al die nuutste verbeterings op die TV kanale na te gaan. Die kaart het aangedui dat ek die maatskappy moes kontak indien ek die nuwe digitale toerusting wou kry en iemand om dit vir my te installeer en te verduidelik hoe dit werk. Daarna kon ek,…
Onuitgesproke Dankbaarheid
Die belangrikste rede waarom ons dankie sê, is om die gewer van die gawe te laat weet hoeveel ons dit waardeer. Die skrywer G. B. Stern het eenmaal gesê: “Stille dankbaarheid is niks werd nie en beteken niks nie.” Toe ons seun nog jonk was, was dit soms nodig om hom daaraan te herinner dat dit nie help om ’n…
Die vakman se vaardigheid
Ek het onlangs na ’n dokumentêre program oor die maak van ’n Steinway klavier gekyk. Dit het gewys met watter sorg hierdie besondere instrument gemaak word. Vandat die bome afgesaag word, totdat die klavier in die musiekwinkel verskyn, gaan dit deur tallose verstellings deur die hande van vaardige vakmanne. Wanneer die jarelange proses eindelik voltooi is, word die instrument deur…
’n familieeienskap
Daar’s ’n ou Sondagskoolliedjie wat so af en toe in my gedagtes opkom. Die woorde getuig van die vrede wat Jesus so vrylik gee. “Ek het die vrede wat alle verstand te bowe gaan diep in my hart – en dis daar om te bly!” Daar ontbreek egter iets in hierdie goedbedoelde lied. Die vrede van God is waarlik ’n…
Om tweetalig te word
Is dit moontlik in ’n samelewing waar die mense meer en meer onverskillig teenoor die evangelie word, om ons geloof met ongelowiges te deel? Een manier om met mense wat onbekend is met die evangelie, te kommunikeer, is om geestelik tweetalig te word. Ons doen dit deur die evangelie op so ’n wyse en op so ’n manier te verkondig…
’n metgesel op die pad
Ek geniet dit so om op al die wandelpaaie in Idaho te stap en die skoonheid en prag van die omgewing te geniet. Dan dink ek soms daaraan dat hierdie wandelinge simbolies van ons geestelike reis is, want die Christelike lewe is immers net ’n wandeling met die Here Jesus wat ons vergesel. Hy het dwarsdeur die land Palestina gestap…