Kategorie  |  Uncategorized

Om Te Wag

“Hoe lank nog voor Kersfees?” Toe my kinders nog klein was het hulle hierdie vraag herhaaldelik gevra. Hoewel ons ’n adventsalmanak gehad het om die dae af te tel tot by Kersfees, was die gewag steeds onuithoudbaar.

Ons kan maklik met ’n kind se stryd om te wag identifiseer. Ons mag dalk die uitdaging wat dit vir al God se mense…

Spek En Eiers

In die fabel van die hoender en die vark, oorweeg die twee diere om ’n restaurant saam te begin. Soos hulle die spyskaart beplan, stel die hoender voor dat spek en eiers bedien word. Die vark het beswaar gemaak en gesê:”Nee dankie. Ek sal verbind wees terwyl jy slegs betrokke sal wees.”

Hoewel die vark bereid was om homself aan te…

Wie Laaste Is, Sal Eerste Wees

Onlangs was ek van die laaste passasiers om aan boord te gaan van ’n groot straler. Ek het ’n sitplek langs die vlerk bekom, maar die enigste plek vir my handbagasie was in die oorhoofse rak in die heel laaste ry. Ek sou moes wag tot die heel laaste passasier die vliegtuig verlaat het voor ek my sak kon kry.

Toe…

Onvolmaak, Tog Geliefd

In Japan word baie klem gelê op gehalte, kwaliteit, voorkoms en smaak van voedselprodukte. Gevolglik gebeur dit dat produkte met slegs ’n geringe defek dikwels afgekeur word. “Wakeari” beteken “daar is ’n rede” in Japanees. “Wakeari”produkte word nie weggegooi nie, maar vir ’n rede goedkoper verkoop – bv. ’n ryskoekie met ’n kraak daarin – en is baie gewild by gebruikers.…

Die Krag Van Empatie

Wetenskaplikes het ’n pak klere (die “Space Suit”) ontwerp wat, as jy dit aantrek, jy onmiddellik 40 jaar ouer voel. Jy ondervind verswakte sig, ’n gebrek aan gehoor en verminderde beweeglikheid - (hulle noem dit “virtual reality” – feitlike werklikheid). Die pak is ontwerp om mense wat verswakte bejaardes versorg, te help om hulle pasiënte beter te verstaan. ’n Joernalis…

Ons Magtige God

Eendag het ek dit baie geniet om op die strand te staan en kyk hoe seilplankryers wat deur die krag van die wind voortgedryf was, oor die water bons. By navraag het een van die deelnemers my verseker dat hierdie manier van branderry, waar die wind ingespan word om die werk te doen, baie makliker as gewone branderplankry is.

Soos…

Om Beter Te Weet

Dit was duidelik dat my aangenome seun ietwat ondervoed was. Ons het hom oorlaai met liefde en vir hom gegee wat hy ontbreek het, veral kwaliteit kosse, maar tevergeefs. Daar was geen vordering nie. Na amper drie jaar moes ons uitvind dat hy vir sekere kossoorte weerstandig was. Nadat ons hierdie kossoorte uit sy dieet verwyder het, het hy ’n…

God Weet

Denise het baie meegevoel gehad met ’n seergemaakte vrou wat sy by haar kerk ontmoet het en besluit het om te probeer help. Sy het haar elke week met raad bedien, saam met haar gebid en naderhand haar mentor geword. Maar sommige kerkleiers het Denise se pogings nie raakgesien nie en iemand anders aan die vrou as mentor toegewys.

Alhoewel…

Om Mens Te Wees

’n Polisiehoof is eenkeer gevra hoe hy ’n gemeenskap wat nie altyd saamwerk as dit by wetstoepassing kom nie, hanteer. In antwoord het hy nie sy kenteken uitgeruk of sy rang voorgehou nie, maar stilweg geantwoord dat hulle self net mense is wat met mense in nood werk.

Sy nederigheid en gelykstelling met ander mense het my aan Petrus se…

Die Hart Se Ware Tuiste

Ons was vir etlike jare die eienaars van ’n Westerse Hoogland Terriër. Hierdie hondjies is besonder taai en word geteel om in ratelgate in te kruip en ratels uit te trek. Alhoewel ons hondjie vir baie jare uit haar oorspronklike habitat verwyder was, het sy steeds haar ingeteelde instink behou. So het sy eendag een of ander dierasietjie onder ’n…