Span Jou In
Toe ek verby ’n buitemuur stap van die kantoorblok waarin ek werk, was ek verbaas om ’n pragtige blom te sien groei in ’n kraak tussen twee betonblaaie wat op die grond lê. Ten spyte van die beperkende omstandighede het die plant ’n vasklouplek gekry, wortel geskiet in die droë spleet en bo verwagting gefloreer. Ek het later opgemerk dat…
Om Weer Te Begin
Ná afloop van die Kersvieringe aan die einde van Desember, kies my gedagtes dikwels koers na die komende jaar. Aangesien ons kinders nie meer skoolgaan nie en ons ’n rustige daaglikse roetine volg, besin ek oor my pad van die afgelope jaar asook oor waar ek graag aan die einde van die volgende jaar wil staan. Hiérdie gedagtes gaan dikwels…
Geloofopbouende Herinnerings
Toe ek die lokaal betree, sien ek die skare wat byeengekom het vir Oujaarsdag. Vreugde het my hart gevul toe ek die gebede van die vorige jaar onthou. Ons het saam getreur oor eiewyse kinders, die afsterwe van geliefdes, werksverliese en gebroke verhoudings. Maar ons het ook God se genade ervaar deur veranderde harte en herstelde persoonlike verbintenisse. Ons het…
Tye Van Voltooiing
Aan die einde van die jaar kan die las van onafgehandelde take baie swaar op ons rus. Verantwoordelikhede by die huis en by die werk lyk of dit nooit end kry nie en dit wat nie vandag afgehandel word nie, staan oor tot môre. Maar daar is tye in ons reis van geloof wanneer ons moet stilstaan en God se…
Wat Oorbly In Die Oog
Die suikerbekkie kry sy Engelse naam (hummingbird) van die geluid wat sy vlerkies maak as dit so vinnig klap. In Portugees is dit bekend as die “blomsoener” of die “vlieënde juweel” in Spaans. Een van my gunstelingname vir hierdie voëltjie is biulu, “wat oorbly in die oog” (Meksikaans-Zapotec). Met ander woorde, as jy ’n suikerbekkie sien, sal jy dit nooit…
Alledaagse Oomblikke
Ek het die inkopies in my kar gelaai en versigtig uit my parkeerplek beweeg. Skielik het daar ’n man oor die sypaadjie reg voor my ingehardloop. Hy het my duidelik nie gesien nie. Ek het hard gerem, en hom net-net gemis. Op daardie oomblik het ek besef ek het ’n keuse: ek kon my oë uit frustrasie rol, of ’n…
Dankie, Dagboek
Toe ek pas ’n gelowige in Jesus geword het, het ’n geestelike mentor my aangemoedig om ’n dankbaarheidsjoernaal te hou. Dit was ’n boekie wat ek oral by my gedra het waar ek gegaan het. Partykeer het ek ’n eerbewys dadelik opgeskryf. Ander kere het ek dit neergeskryf tydens ’n oomblik van bepeinsing.
Om ag te slaan op punte van verheerliking…
Wat Op Dees Aarde?
Toe Andrew Cheatle sy selfoon op die strand verloor het, het hy gedink dis vir altyd weg. ’n Week later skakel Glen Kerley hom. Hy het die foon, in ’n werkende toestand, uit ’n bykans 12kg-kabeljou gehaal.
Die lewe is vol vreemde verhale, en ons kry meer as genoeg in die Bybel. Eendag het belastinggaarders na Petrus gekom en geëis: “Wat…
Tradisies en Kersfees
As jy vandag ’n lekkergoedkierie geniet, sê “danke schön” aan die Duitsers, want daardie lekkergoed was heel eerste in Keulen gemaak. As jy ’n poinsettia bewonder, sê “gracias” aan Meksiko, waar die plant vandaan kom. Sê “merci beaucoup” aan die Franse vir die woordjie noel (Kersfees), en roep “Hoera!” vir die Engelse vir jou mistel.
Wanneer ons ons tradisies en feestelikhede…
Die Geesdrif Van Hoop
Reginald Fessenden het lank gewerk om koordlose kommunikasie te vervolmaak. Ander wetenskaplikes het sy idees radikaal en onortodoks gevind en getwyfel of hy ooit sukses sal bereik. Hy beweer dat hy op 24 Desember 1906 die eerste persoon was wat ooit musiek oor die radio gespeel het. Fessenden het ’n kontrak met ’n maatskappy gehad wat koordlose stelsels op ongeveer…