Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Mart DeHaan

Kom Ooreen Om Te Verskil

Ek onthou hoe my pa gepraat het oor hoe moeilik dit was om nie betrokke te raak by die voortdurende argumente oor verskillende interpretasies van die Bybel nie. Hy het ook onthou hoe goed dit was wanneer albei partye ooreengekom het om te verskil.

Is dit regtig moontlik om onversoenbare verskille tersyde te stel wanneer so baie op die spel…

Onverwagte Paaie

Die vyfjarige Levan Merrit het in 1986 na ’n val van ses meter in ’n gorillahok in ’n dieretuin in Jersey, Engeland, beland. Terwyl sy ouers om hulp roep, het ’n uitgegroeide gorillamannetjie, Jambo, tussen die roerlose seun en verskeie ander gorillas stelling ingeneem. Toe die seun begin huil het Jambo die ander gorillas in hulle hokke ingelei terwyl Levan…

Geheueverlies

Die nooddienste van Carlsbad, Kalifornië, het ’n vrou met ’n Australiese aksent en wat nie kon onthou wie sy was nie, te hulp gekom. Omdat sy aan geheueverlies gely en nie haar ID by haar gehad het nie, kon sy nie haar naam onthou of waarvandaan sy kom nie. Met die hulp van dokters en die internasionale media is haar…

Wonders In Fokus

Party van ons is te geneig om na die wêreld te kyk en net te sien wat verkeerd is. DeWitt Jones is ’n National Geographic-fotograaf wat sy beroep gebruik om wat reg is in die wêreld, te vier. Hy wag en kyk tot ’n ligstraal of verandering van perspektief skielik ’n wonder blootlê wat nog al die tyd daar was.…

Die Groot Geneesheer

Wanneer Dr. Rishi Manchanda vir sy pasiënte vra waar hulle woon, vra hy eintlik vir meer as net ’n fisiese adres. Hy het ontdek dat sekere siektes tot gebiede waar erge besoedeling voorkom, beperk is. Sy bevindinge het later daartoe aanleiding gegee dat ’n groepie gesondheidsorgwerkers, buiten hul normale dagtake, gereeld saam met pasiënte en gemeenskapsleiers vergader het in hulle soeke na…

Nasionale Skat

Italië se regering en kunsgallery-amptenare het heftig beswaar gemaak toe ’n adverteerder ’n foto van Michelangelo se bekende beeldhouwerk van Dawid verander het. Op die foto het Dawid met ’n geweer, in plaas van ’n slingervel, oor sy skouer gestaan.

In die eerste-eeuse Jerusalem is Dawid as die skaapwagter-liedjieskrywer en soldaat-koning van Israel onthou. Daarbenewens was hy ook die volk se grootste toekomshoop.…

Die Wyses Se Geskenk

Daar was meer liefde as geld tussen ’n jong getroude paartjie. Kersfees was om die draai en elkeen wou ’n geskenk gee wat hul omgee vir mekaar sou bevestig. Op Oukersaand het Della haar hare, wat knielengte was, verkoop om vir Jim se horlosie, wat ’n erfstuk van sy vader en sy oupa was, ’n platinumketting te koop. En Jim…

Dit Is Nie Ek Nie

As een van die mees gevierde orkesdirigente van die twintigste eeu, word Arturo Toscanini onthou as iemand wat erkenning gee waar erkenning toekom. In David Ewan se Dictators of the baton, beskryf die outeur hoe die lede van die New Yorkse Filharmoniese Orkes, Toscanini staande toegejuig het na die uitvoering van Beethoven se Negende Simfonie . Toe daar bietjie rustigheid kom…

Die Hart Van Christus

’n Australiese joernalis wat 400 dae lank in ’n Egiptiese tronk gevange gehou is, het met sy vrylating gemengde emosies gehad. Hy het erken dat hy verlig is, tog het hy sy vryheid aanvaar met ’n diepe besorgdheid oor die vriende wat hy agtergelaat het. Hy het gesê dat dit uitermate moeilik was om sy medeverslaggewers wat saam met hom…

Diep Wortels

Die sequoiaboom, een van 3 spesies van die rooihoutboom, is een van die wêreld se grootste en mees onverganklike organismes. Dit kan tot 90 meter hoog groei, weeg meer as 1.1miljoen kg, en leef vir 3000 jaar. Maar dié  reuse sequoia het baie van sy grootte en lang lewe aan wat onder die oppervlakte lê, te danke. ’n Drie tot vier meter diep…