“Sien jou stad soos ons dit sien.” ’n Detroit, Michigan, stedelike ontwikkelingsgroep het die slagspreuk gebruik om hul visie vir die stad se toekoms te loods. Maar die projek het skielik tot stilstand gekom toe lede van die gemeenskap bemerk dat iets skort. Afrika-Amerikaners maak ’n groot deel uit van die stad se bevolking en werksmag. Nietemin was mense van kleur afwesig uit die see van wit gesigte wat gepronk het op tekens, baniere, en advertensieborde, wat almal aanraai om die stad soos hulle te sien.

Die landsgenote van Jesus het ook ’n blinde kol in hulle visie van die toekoms gehad. As kinders van Abraham, was hulle hoofsaaklik besorg oor die toekoms van die Joodse volk. Hulle kon nie Jesus se besorgdheid oor die Samaritane, die Romeinse soldate, of enigeen wat nie dieselfde familieverband deel nie, rabbis of tempelaanbidding, verstaan nie.

Ek begryp die blinde kolle van Detroit en Jerusalem. Ek is ook geneig om net die mense te sien wie se lewens ek verstaan. God het egter ’n manier om om Sy eenheid te midde van ons verskeidenheid te toon. Ons is meer eenders as verskillend.

Ons God het ’n woestynswerwer, Abram, gekies om seën te bring aan al die mense van die wêreld (Genesis 12:1–3). Jesus ken almal en het hulle lief, al ken ons hulle nie. Saam leef ons in die guns en genade van die Een wat ons kan help om mekaar, ons stede, en Sy koninkryk te sien – soos Hy.