Party van ons is te geneig om na die wêreld te kyk en net te sien wat verkeerd is. DeWitt Jones is ’n National Geographic-fotograaf wat sy beroep gebruik om wat reg is in die wêreld, te vier. Hy wag en kyk tot ’n ligstraal of verandering van perspektief skielik ’n wonder blootlê wat nog al die tyd daar was. Hy gebruik sy kamera om skoonheid te vind in die gewoonste gesigte van mense en die natuur.

As enigeen rede gehad het om op die verkeerde sy van die wêreld te fokus, was dit Job. Na hy alles verloor het wat vir hom vreugde verskaf, het selfs sy vriende sy beskuldigers geword. Saam het hulle stemme hom getart oor hy nie erken het, dat hy swaarkry oor sondes wat hy wegsteek nie. Toe Job na die hemele uitgeroep het, het God geswyg.

Uiteindelik, uit die chaos van ’n dwarrelwind en duisternis van ’n storm, het God vir Job gevra om die wonders van die natuur te betrag,wat wysheid en krag toon ver bokant ons eie (Job 38:2-4).

Sal Hy ons nou vra? Wat van iets so natuurlik soos die maniere van ’n hond, ’n kat, dwarrelende blare, ’n grashalm? Kan ’n ligstraal, of omkeer van perspektief, die gedagte en hart van ’n Skepper wat nog altyd saam met en vir ons was, blootlê – selfs in ons pyn ?