Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Julie Ackerman Link

Inspirasie tot perspirasie

Albei my oupa’s was ywerige tuiniers en so ook baie van my vriende. Ek is self baie lief daarvoor om tuin te maak, pragtige tuine inspireer my. As ek sulke lieflike tuine sien, dring dit my om ook iets so moois in my tuin te probeer skep. Maar ek het ’n probleem om vanaf inspirasie tot perspirasie, die sweet en…

om orde te herstel

Terwyl ons as gesin op Dankseggingsdag om die tafel gesit het, en ’n heerlike maaltyd geniet het, het ek geglimlag toe ek opgemerk het watter verskillende talente daar verteenwoordig was. Aan die een kant het dokters gesit en aan die ander kant musikante. Danksy dokters word liggaamlike probleme opgelos en danksy musikante word pragtige klanke voortgebring wat die gees versterk…

bedrieglike gifplante

In ons tuin groei baie giftige plante. Dit het ek op die moeilike manier geleer. Alhoewel ek baie versigtig is, het ek tog met so ’n plant in aanraking gekom en dit het gelei tot ’n vreeslike gejeuk en ’n lastige uitslag. Hierdie gifplant lyk net soos ander onskadelike plante en groei welig tussen plante en struike. Een tuinier kon…

om namens God te praat

Ten spyte van my beste pogings om duidelik te skryf, word ek soms misverstaan. Ek voel sleg daaroor en probeer my bes om my vaardighede te verbeter. Nogtans gebeur dit soms dat lesers dit wat ek geskryf het uit konteks neem en iets daarin lees wat glad nie met die oorspronklike bedoeling ooreenstem nie. Dis baie frustrerend, want daar is…

Bly jy besig?

Mense wat graag vriendelik wil wees sal soms vra: “Bly jy darem besig?” Die vraag lyk so onskuldig, maar dit dra tog ’n subtiele boodskap oor. Dis eintlik ’n toets van die persoon se persoonlike waarde. As ek nie ’n hele lys dinge kan opnoem wat ek nog moet doen nie, kan ek maklik voel dat ek nie juis veel…

“Dogged” toegeneëntheid

Maggie gee nie veel om vir televisie nie. Sy sal liewer by die venster uitkyk as om na ’n klein skerm te staar. Sy is ook nie lief vir lees nie. Sy het al by geleentheid aan boeke “gekou”, in ’n baie letterlike sin. Nogtans, wanneer ek en Jay lees of TV kyk sal Maggie meedoen, want sy geniet dit…

almal Weet Wat fout is

Blaai deur enige koerant en die hoofberigte vertel jou wat fout is met die wêreld. Kyk na televisie, gesels met jou vriende en jy sal ontdek dat daar nie ’n tekort aan opinies is ten opsigte van wat in die wêreld fout is nie. Dis omdat dit so maklik is om die verkeerde uit te wys. Toe terroriste passasiersvliegtuie gekaap…

Om groei te Bepaal

Toe ’n hoërskoolstudent ’n termometer gebruik het om ’n tafel te probeer meet, was sy onderwyser verslae. Gedurende die 15 jaar wat Dave onderwys gegee het, het hy baie tragiese en skokkende dinge gesien. Maar dit het hom werklik geskok om te dink dat ’n hoërskoolstudent nie die verskil tussen ’n termometer en ’n liniaal ken nie. Toe hy my…

skuiwergate

Vyfjarige Jenna se dag het nie goed begin nie. Alles wat sy probeer het om sake volgens haar wil te laat gebeur, het misluk. Redenasies het nie gehelp nie, ook nie om nukkerig te wees en te huil nie. Nee, niks wou help nie. Toe het haar mammie haar aan die Bybelteks wat sy die oggend in Engels gelees het,…

Sowel naby as ver

Alles was doodstil in die tuin. Terwyl ek besig was om by my werkstafel te werskaf het Maggie, ons hondjie, naby op die gras gelê. Skielik was daar die geritsel van droë blare en meteens het alles verander. Maggie het opgespring en om ’n boom gesirkel, haar oë gevestig op ’n groen houtkapper wat styf aan die boomstomp vasgeklou het.…