Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Anne Cetas

Aangename Geselskap

Die bejaarde vrou wat in die ouetehuis woon, het nie met enigiemand gepraat of enigiets gevra nie. Dit het gelyk asof sy bloot bestaan, sy het heen en weer in haar krakende ou stoel gewieg. Sy het nie baie besoekers gehad nie, daarom het ’n jong verpleegster tydens haar aftye haar dikwels in haar kamer besoek. Sonder om die vrou…

Vyfvingergebede

Gebed is ’n gesprek met God, nie ’n formule nie. Tog voel dit soms asof ons ’n “metode” nodig het om nuwe lewe in ons gebede te blaas. Ons kan die Psalms of ander Skrifgedeeltes nabid, soos byvoorbeeld die “Ons Vader.” Ons kan ook die ACTS-metode (Adoration [Aanbidding], Confession [Skuldbelydenis], Thanksgiving [Danksegging] en Supplication [Smeking]) volg. Ek het onlangs van…

Hoe Om Te Dien

Dit was tyd vir ’n nuwe groep leiers in ons kerk om hul amp op te neem. Om hul rolle as dienaar-leiers uit te beeld, het die ouderlinge deelgeneem aan ’n onvergeetlike voetwasseremonie. Elke leier, selfs die predikant, het mekaar se voete gewas terwyl die gemeente toegekyk het.

Wat die leiers daardie dag gedoen het, is volgens die voorbeeld wat Jesus…

genadige wagtydperk

Roger het sy werk verloor toe die maatskappy moes verklein en afdankings noodsaaklik was. Vir maande het hy vir betrekkings aansoek gedoen, gebid, ander gevra om te bid, en op die Here vertrou. Roger en sy vrou het wisselende emosies beleef. Die Here het by tye op ongelooflike wyses voorsien, maar soms het dit moeilik gegaan en dan het hulle…

gratis pizza!

Terwyl jy nog ’n student is, is geld gewoonlik maar skaars. Gevolglik is studente maar te bly as daar ’n geleentheid is om gratis kos te bekom. Indien ’n maatskappy nuwe werkers soek, nooi hulle soms studente uit na ’n byeenkoms waar gratis pizzas aangebied word. Daar is studente wat hierdie byeenkomste net ter wille van die pizza bywoon en…

Die wyer wêreld

Ek het ’n poskaart van my TV maatskappy ontvang. Hulle nooi my uit om al die nuutste verbeterings op die TV kanale na te gaan. Die kaart het aangedui dat ek die maatskappy moes kontak indien ek die nuwe digitale toerusting wou kry en iemand om dit vir my te installeer en te verduidelik hoe dit werk. Daarna kon ek,…

Dit gaan alles oor hom

Toe Sheri verloof geraak het, was haar enkellopende vriendin Amy, saam met haar bly. Sy het ’n kombuistee vir Sheri beplan, haar gehelp om haar bruidstabberd uit te kies en voor haar die kerk binnegestap as een van haar bruidsmeisies. Toe Sheri en haar man kinders gekry het, was Amy saam met haar bly en sy het haar in Sheri…

Karakter op die spel

’n Sokker afrigter in Bronx (New York) wou goeie karaktereienskappe by sy spelers aanmoedig. In plaas van om hulle name agterop hulle truie te plaas, het die spelers van Maritime Kollege se truie woorde soos respek, familie, verantwoodelikheid en karakter vertoon. Voor elke wedstryd het die afrigter, Clayton Kendrick-Holmes, die spelers herinner dat hulle volgens die beginsels op hulle truie…

’n nie-glimlag Beleid

Gewoonlik word ons beveel om te glimlag voordat ’n foto van ons geneem word. Maar in sekere dele van die VSA word ’n nie-glimlag beleid gevolg wanneer jy jou bestuurslisensie wil kry. Omdat daar so baie diefstal van identiteit is, moet die lisensie departement baie seker maak dat die foto’s wat geneem word nie ooreenkom met ander foto’s wat reeds…

nie in hierdie stadium

Dit kan nogal baie ontmoedigend vir aspirant skrywers wees as hulle die volgende antwoord van die uitgewer ontvang: “Baie dankie. Ongelukkig voldoen u voorlegging nie in hierdie stadium aan ons vereistes nie.” Somtyds beteken hierdie woorde egter: “Nie in hierdie stadium of ooit nie.” En dan probeer skrywers maar ’n ander uitgewer en weer ’n ander en so aan. Ek…