Toe Shayla McKnight vir ’n pos by ’n drukkery aansoek gedoen het, was sy baie verbaas om te hoor dat hulle ’n geen verdraagsaamheid beleid ten opsigte van skinder gehad het. Die werkers is aangemoedig om liewer met mekaar te praat, in plaas van oor mekaar te skinder. Indien werknemers betrap word dat hulle van ander skinder, is hulle aangespreek en indien hulle voortgaan daarmee, is hulle onmiddelik ontslaan. Baie lank voordat hierdie beleid ooit deur ’n organisasie geïmplimenteer is, het die Here al vertel van sy geen verdraagsaamheid beleid teenoor kwaadpraat en skinder (Levitikus 19:16). Ydele gesprekke wat beledigende aanmerkings oor ander maak en valse gerugte oor iemand anders versprei, is deur God belet. Salomo het gewaarsku dat beledigende opmerkings oor ander, rampspoedige en tragiese resultate mag oplewer. Dit lap geheime uit (Spr. 11:13), bring verwydering tussen vriende (Spr. 16:28;17:9), en belas die persoon wat skinder met ’n slegte reputasie (Spr. 25:9,10). Dit is soos ’n vuur wat rusies aanwakker (Spr. 26:20-22). Skinderpraatjies oor ’n vriend of buurman, kan nie ongedaan gemaak word en die skade is permanent. Kom ons vra die Here om ons te help dat ons nie by skinder en kwaadpraat oor ander betrokke raak nie. Hy wil hê dat ons ’n wag voor ons mond moet plaas en dat ons liewer oor al die goeie wat ons van ander weet, moet praat.