Terwyl ek huis toe bestuur het, het ek ’n advertensie oor die radio gehoor, wat my getref het. Dit was vir ’n rekenaarprogram wat e-posse nagaan terwyl hulle geskryf word. Ek was bekend met “kontroleer taal” en “kontroleer spelling” maar hierdie een was anders. Hierdie was ’n toets van die toonhoogte. Die sagteware monitor die toonhoogte en woorde van e-posse om seker te maak dat dit nie aggressief of bitsig is nie. Toe ek na die aankondiger se stem geluister het, het ek gewonder hoe dit sou wees as ek so ’n monitor vir my mond gehad het. Hoe dikwels reageer ek aggressief, in plaas van om eers te luister en dan het ek later berou oor dit wat ek gesê het? Ja, ’n toonhoogte monitor sou my verhinder het om verkeerde en onvriendelike opmerkings te maak. Paulus het ook besef dat dit nodig is vir ons, as gelowiges, om ons spraak te monitor, veral wanneer ons in gesprek is met ongelowiges. Hy sê: “Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.” (Kolossense 4:6). Hy was besorg daaroor dat Christene se woorde so moes wees dat ons die skoonheid van ons Here en Meester reflekteer. Om op die regte toonhoogte en met die regte woorde met ongelowiges te praat, is noodsaaklik as ons goeie getuies wil wees en hulle wil bereik. Laat dus Kolossense 4:6 jou toonhoogte monitor wees.