Jerry McMorris het 50 jaar gelede, toe hy nog ’n student aan die Universiteit van Chicago was, begin om die Wall Street Journal te lees. Hy het daardie publikasie so waardeer en omdat hy ’n besondere liefde vir sy alma mater gehad het, het hy vir honderde studente op die Wall Street Journal ingeteken. Hy het aan die Colorado Springs Gazette gesê: “Die Journal het my ’n goeie perspektief gegee van wat in die besigheidswêreld aangaan en ek het die gewoonte gehad om dit aan die begin van elke besigheidsdag te lees. Dit sal ook die studente help om die besigheidswêreld te verstaan.” Baie mense wil ander graag bekendstel met publikasies wat vir hulle baie beteken het. Daarom is dit nie vreemd dat volgelinge van Christus ook graag God se Woord met ander wil deel nie. Party ondersteun organisasies wat betrokke is met vertaling en verspreiding van die Bybel, terwyl ander weer vriende uitnooi om die Woord saam met hulle te bestudeer. Daar is baie maniere waarop ons die waarheid van God’s Woord met ander kan deel, diegene wat honger en dors na bemoediging en hulp. Ons doel is om ander te help om die seën te beleef wat ons in Christus gevind het deur die Bybel te lees. Die psalmdigter skryf: “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe … dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is,” (Ps. 19:8). Die Woord beskerm ons harte en lei ons op die regte pad. Daarom deel ons dit met ander.