Op ’n reis na ’n bestemming buite die VSA is ek en my vrou toegang geweier as gevolg van ’n fout met ons visums. Alhoewel ons onder die indruk was dat ons visums korrek uitgereik was, is hulle as ongeldig beskou. Ten spyte van die pogings van verskeie regeringsamptenare kon niks aan die saak gedoen word nie en is ons nie ingelaat nie. Ons is op die volgende vlug na die VSA geplaas en moes onverrigter sake terugkeer. Geen redenasies kon die situasie verander nie. Ons is toegang geweier. Daardie ondervinding met my visa was baie ongerieflik, maar dit kan nie vergelyk word met die erns van die ewige weiering nie. Ek verwys hier na diegene wat eendag voor die Here sal staan sonder die korrekte visum. Wat sou gebeur as hulle verslag sou doen van al hulle goeie dade en godsdienstige optrede? Dit sal nie genoeg wees nie. Wat sou gebeur as hulle goeie getuigskrifte kon voorlê, bewyse van voorbeeldige karakters? Dit sou ook nie werk nie. Daar is net een ding wat toegang tot die hemel kan gee. Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). Christus alleen het deur sy dood en opstanding die prys vir ons sondes betaal. Slegs Hy kan vir ons die visum tot die hemel gee. Het jy al die Here as jou Verlosser aangeneem? Maak seker dat jou hemelse visum geldig is.