Die pennie word as een van Amerika se onbelangrikste geldeenhede beskou. Baie mense sal dit nie die moeite werd ag om ’n pennie of ’n sent op te tel as hulle dit op die grond sien lê nie. Maar daar is organisasies wat barmhartigheid doen, wat ontdek het dat pennies en sente mettertyd ’n groot bedrag kan word. Veral kinders is bereid om pennies te gee. Een persoon het opgemerk: “Klein donasies kan ’n groot verskil maak.” Die Bybelse verhaal van Dawid en Goliat vertel ons van ’n skynbaar onbelangrike persoon wie se geloof in God groter was as dié van die mense rondom hom. Toe Dawid aangebied het om die reus Goliat te konfronteer, het koning Saul gesê: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is jonk” (1 Samuel 17:33). Maar Dawid se geloof was in God, dié God wat hom al tevore uit moeilike situasies gered het. (vs.37). Dawid het nie aan die pennie sindroom gely nie – ’n sin van minderwaardigheid en magteloosheid teenoor ’n oorweldigende probleem. Indien hy na Saul se pessimisme of Goliat se dreigemente geluister het, sou hy niks gedoen het nie. Maar hy het dapper opgetree omdat hy op God vertrou het. Soms voel ’n mens soos ’n pennie en jou skuld triljoen dollar. Jy is so onmagtig, maar as jy op die Here vertrou en Hom in elke situasie gehoorsaam, sal dit alles uitwerk. Ons dade van geloof, klein of groot, maak ’n groot verskil. En elke pennie tel.