Die pad was gelyk en ons het goeie vordering gemaak. Ons was onderweg na Jay se pa se huis in Suid Carolina. Terwyl ons oor die berge van Tennesee gery het, het ek oral ompadtekens bemerk, maar Jay het aanhou ry. Ek het aangeneem dat die tekens nie op ons van toepassing is nie. Eindelik het ons die grens van Noord Carolina bereik en toe is daar ’n teken wat aandui dat die pad gesluit is weens ’n rotsstorting. Ons sou moes omdraai en Jay was verbaas. “Waarom was daar nie ’n waarskuwing nie?” het hy gesê. “Daar was baie tekens” het ek reageer. “Het jy dan nie die tekens gesien nie?” “Nee,” het hy geantwoord. “Waarom het jy my nie gesê nie?” “Ek het gedink dit het nie op ons betrekking nie, en dat jy dit wel gesien het.” Ons vriende lag lekker as ons hulle hiervan vertel. Die Here het deur die jare baie waarskuwings gegee en gesê wat Hy van ons verwag. Ons hou egter aan om ons eie pad te loop.Toe God eindelik sy Seun gestuur het as teken (Lukas 11:30) het die geestelike leiers hulle min daaraan gesteur. Die lewe was vir hulle te goed. Hulle was goed georganiseerd en gerespekteer (11:43 en 45). Hulle het nie daarvan gehou dat hulle tereggewys word nie (45). Ons is net soos hulle. Wanneer die lewe goed gaan, is ons geneig om waarskuwings te ignoreer. Ons wil nie omdraai en ons lewenswyse verander nie. Dis belangrik om te onthou dat ons verkeerd mag wees al gaan dit skynbaar goed.