Gedurende 1977 het die 15 jarige Kevin Baugh en ’n vriend besluit om hulle eie land te skep, net vir die grap. Die land is die Republiek van Molossia genoem. Hulle het ’n kaart opgetrek, papiergeld geskep en ’n vlag gemaak. Vandag nog gaan mnr. Baugh voort met sy denkbeeldige mikro-nasie – net vir die grap. Toe Coleen Mastony, verslaggewer van die Chicago Tribune sy 1.3 akker koninkryk in die Nevada woestyn besoek het, het Baugh haar verseker dat hy steeds sy VSA belasting betaal wat hy “foreign aid” noem. “Dis alles net tong in die kies” erken Baugh. “Ek doen dit vir my eie plesier en die genot wat ek daaruit put om my eie land te hê.” Min van ons sal seker ons eie koninkrykie skep, maar ons het almal ’n koninkryk in die hart en ons moet besluit wie daarin sal regeer. Daarom skryf die apostel Paulus: “In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here” (1 Petrus 3:15). Om die Here met heilige eerbied te dien, beteken dat Hy die Heerser en Koning van jou lewe moet wees. Ongelukkig is daar in elkeen van ons die neiging om in beheer van ons eie lewe te wil wees. Miskien is dit net ’n klein hoekie van die lewe waar jy onafhanklik is en doen net wat jy wil. Jy hoef aan niemand rekenskap te gee nie. Maar is dit die beste vir jou? Nee, ware vryheid kom wanneer ons toelaat dat die Here as Koning in ons hart regeer. –