Die menslike hulpbronne afdeling van RBC Ministries het ’n effektiewe en bemoedigende program geloots wat op dankbaarheid fokus. Wanneer ’n personeellid opmerk dat ’n ander werker iets besonders hier op kantoor doen, kan hy of sy ’n spesiale “dankie sê” kaartjie neem, wat die hulpbronne afdeling beskikbaar gestel het en ’n kort woordjie van waardering neerskryf. Dit voel so goed as jy by jou lessenaar aankom en so ’n briefie daar aantref. Is dit nie aangenaam om bedank te word as jy ’n taak goed afgehandel het nie? Sal ’n hartlik “dankie” nie die dag vir jou ophelder nie? En maak dit nie jou verhouding met daardie persoon iets baie spesiaals nie – net om te weet dat iemand kennis neem van wat jy doen, dit waardeer en jou daarvoor bedank. Almal hou daarvan om bedank te word. Ja, selfs die Here. Ons hemelse Vader waardeer dit as ons vir Hom dankie sê. Paulus sê: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (1 Tessalonisense 5:18). Die skrywer van Hebreërs voeg by: “Laat ons wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees” (Hebr. 12:28). Kom ons bly op die uitkyk vir maniere om ons verhouding met die Here te verstewig. Moenie vergeet dat een van die beste maniere om dit te doen, is om opreg dankbaar te wees en dit vir God te sê. Kom ons sê dit nou vir Hom: “Dankie Here!”