Na my pos in die redaksie besnoei is, het ek gebid, en God gevra om my te help om ’n nuwe een te kry. Toe daar egter weke verbygaan en daar niks van my pogings om te netwerk en aansoeke te voltooi, kom nie, het ek begin dikmond raak. “Weet U nie hoe belangrik dit is dat ek werk moet hê nie?” het ek God gevra, my arms gevou uit protes vir my skynbare onbeantwoorde gebed.

Toe ek met my pa praat, wat my dikwels herinner het aan geloof in God se beloftes, oor my werksituasie, het hy gesê, “Ek wil hê jy moet op die punt kom waar jy glo wat God sê.”

My pa se raad het my aan Spreuke 3 laat dink, wat wyse raad van ’n ouer aan ’n kind bevat. Die bekende gedeelte was veral van toepassing op my situasie. “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spreuke 3:5–6). “Die regte pad …” beteken dat God jou sal lei na Sy doel vir jou vorming. Sy uiteindelike doel is dat ek meer soos Hy sal word.

Dit beteken nie dat die paaie wat Hy kies, maklik sal wees nie. Maar ek kan kies om te vertrou dat Sy leiding en tydsberekening uiteindelik vir my beswil is.

Wag jy op God vir ’n antwoord? Kies om nader aan Hom te kom en vertrou dat Hy jou sal lei.