Die “Babushka Lady” is een van die raaisels om die 1963 sluipmoord op VSA President J. F. Kennedy. Volgens ’n rolprent van die gebeure kom sy baie ontwykend voor. Sy was in ’n oorjas en serp – wat ’n Russiese babushka kenmerk – geklee, nooit geïdentifiseer nie en haar film was nog nooit gesien nie. Daar word bespiegel dat sy uit vrees geswyg het om haar verhaal oor daardie dag te vertel.

Geen spekulasie is egter nodig om te weet waarom Jesus se dissipels weggekruip het nie. Dit was uit vrees omdat die owerhede hulle Meester doodgemaak het (Joh. 20:19), en hulle nou onwillig was om na vore te kom om van hulle ondervinding te vertel. Maar toe staan Jesus uit die dood uit op. Kort daarna is die Heilige Gees uitgestort en toe kon jy daardie skugter volgelinge van Christus nie stil kry nie. Op Pinksterdag het ’n geesvervulde Petrus verklaar: “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” (Hand. 2:36).

Die geleentheid om met vrymoedigheid in die naam van Jesus te praat, is nie beperk tot hulle met waagmoedige persoonlikhede of opleiding in die bediening nie. Dit is die inwonende Gees wat ons in staat stel om die goeie nuus van Jesus te vertel. Deur Sy krag kan ons die moed ervaar om ons Redder met ander te deel.