Ek en Martie het op ons troudag met genoeë belowe om getrou te wees “in goeie tye en slegte tye, in siekte en in gesondheid, in rykdom en in armoede.” Op ’n manier is dit vreemd om oor die troostelose werklikheid van slegte tye, siekte en armoede te praat op ’n opgewekte troudag. Dit beklemtoon egter net die feit dat die lewe dikwels “slegte” tye het.

So, wat staan ons te doen as ons die lewe se onvermydelike probleme ervaar? Paulus moedig ons aan namens Christus “Wees in alle omstandighede dankbaar” (1 Tessalonisense 5:18). So moeilik as wat dit klink, is daar goeie rede hoekom God ons aanmoedig om dankbaar te wees. Dankbaarheid is gewortel in die waarheid dat ons God “goed is” en “aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Psalm 118:1). Hy is by ons en versterk ons te midde van moeilikhede (Hebreërs 13:5-6), en Hy gebruik ons beproewinge liefdevol om ons karakters te laat groei na Sy beeld (Romeine 5:3-4).

Wanneer die lewe ons met moelike tye tref, kan dankbaarheid ons aandag vestig op die goedheid van God. Dit gee ons die krag om ons deur die moeilike tye te dra. Ons kan saam met die psalmis sing: “Loof die Here want Hy is goed, aan Sy liefde [is daar] is daar geen einde nie” (Psalm 118:29).