Vandag is lentedag in die noordelike halfrond (1 Apr.) As jy in Australië woon, is dit die eerste dag van herfs – die lente-ewening in die noordelike halfrond is die herfsewening in die suidelike halfrond. Vandag skyn die son op die ewenaar en die dag en nag is omtrent ewe lank oor die wêreld.

Nuwe seisoene is belangrik vir baie mense. Party tel die dae af in die hoop wat die nuwe seisoen sal bring. Miskien merk jy die dae af op ’n almanak vir lente in Wiconsin wat die einde van die winter bring. Of miskien woon jy in Melbourne, en kan nie wag vir die herfs wat verligting bring van die Australiese son nie.

Ons gaan ook deur seisoene van die lewe wat niks met die weer te doen het nie. Die skrywer van Prediker leer ons dat daar ’n tyd vir elke ding onder die son is – ’n tyd wat deur God bepaal word, waarvolgens ons lewe.

Moses praat van ’n nuwe seisoen in sy lewe na hy die Israeliete deur die wildernis gelei het (Deuternomium 31: 2, 3), en hy sy leierskap moes afstaan. Paulus het ’n eensame seisoen trotseer in Rome – hy het gevra vir besoekers, maar besef God het hom “bygestaan” (2 Timoteus 4:17).

Ten spyte van die seisoene van die lewe, laat ons dank bring aan God vir Sy grootheid, Sy hulp en Sy kameraadskap.