Terwyl hulle in opleiding was vir die Tweede Wêreldoorlog, het Amerikaanse rekrute hulle gewend na humor en briewe om die uitdagings te troef. In ’n brief is die inentingsproses met oordewe humor beskryf: “Mediese offisiere het ons met harpoene gejaag. Hulle het ons vasgepen en een in elke arm gesteek.”

Een soldaat het besef dat humor hom net sover kon neem. Toe kry hy ’n Bybel. “Ek geniet dit baie en lees elke aand,” het hy geskryf. “Ek het nooit besef mens leer so baie uit die Bybel nie.”

Toe die Joodse bannelinge huistoe keer na jare se slawerny in Babilon, het hulle besef hulle probleme het saamgekom. Terwyl hulle gesukkel het om Jerusalem se mure te herbou, het hulle teenstand van die vyand, hongersnood en hulle eie sonde trotseer. Te midde van hulle probleme het hulle na God se Woord gedraai. Toe die priesters uit die Wetboek van God gelees het, het almal gehuil (Nehemia 8:10). Maar hulle was ook vertroos. Nehemia het gesê, “Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm” (vs.11).

Ons hoef nie vir probleme te wag om van God te hoor nie. Die Bybel leer ons van Sy wese, Sy vergiffenis en Sy troos. Ons sal verras wees oor wat die Gees ons in die bladsye wys.