As ’n boorling van Kalifornië met ’n liefde vir alle sonnige dinge, skram ek weg van koue dinge. Ek geniet egter pragtige foto’s van sneeu. Ek kon nie anders as om te glimlag toe my vriend ’n foto deel van ’n jong boompie nie. Bewondering het in hartseer verander toe ek die kaal takke sien, wat buig onder die swaar vrag ys.

Hoe lank kan daardie gebuigde takke uithou voor hulle breek onder hul ysige las? Die gewig wat dreig om die boom te breek het my laat dink aan my skouers, geboë onder die gewig van sorge.

Jesus bevestig dat die grootste skatte nie aards of tydelik is nie, en Hy moedig ons aan om ons angstige gedagtes te los. Die Skepper en Onderhouer van die heelal het Sy kinders lief en voorsien aan hulle, sodat kosbare tyd nie gemors word aan bekommernis nie. God ken ons behoeftes en sorg vir ons (Matteus 6:19-32).

Hy weet dat ons sal toegee aan bekommernis. Hy sê ons aan om na Hom te kom, Sy teenwoordigheid en huidige voorsiening te vertrou en een dag op ’n slag in geloof te leef. (vv. 33-34).

In hierdie lewe sal oorweldigende moeilikhede en onsekerhede ons skouers laat hang. Ons kan selfs tydelik onder die gewig van die bekommernisse swik. Maar as ons God vertrou, sal ons nie breek nie.