In ons huidige kultuur waar mense obsessief raak oor beroemdes, is dit nie vreemd dat entrepreneurs “beroemdes as produkte ... toelaat om hul persoonlike tyd en aandag te verkoop,” bemark nie. Vauhini Vara het in The New Yorker geskryf dat ’n mens vir R204,000 die sangeres Shakira persoonlik kan ontmoet, en vir R163,217 kan jy en elf gaste middagete saam met die beroemde sjef Michael Chiarello op sy landgoed geniet.  Â

Baie mense het Jesus as ’n befaamde behandel terwyl hulle Hom van plek tot plek gevolg het, na Sy onderrig geluister het, Sy wonderwerke gesien en Sy helende aanraking begeer het. Tog was Jesus nooit belangrik in Sy eie oë of afsydig nie. Hy was daar vir almal. Toe Jakobus en Johannes Hom vra om die belangrikste plekke in Sy komende koninkryk, het Jesus al Sy dissipels herinner: “... Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees” (Mark. 10:43-44).

Pas daarna het Jesus ’n blinde bedelaar gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni ... dat ek kan sien.” Dadelik kon hy sien en het hy agter Jesus aan gegaan (vv. 51-52).

Ons Here het “... gekom om ... te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (v. 45). Mag ons, soos Hy, vandag simpatiek en beskikbaar wees vir ander.