Tydens ’n besoek aan my suster het my nefies my gretig hul nuwe dagtaakstelsel gewys – ’n stel “hulp-poly” kaarte. Elke kleurvolle kaart dui hul vordering met hul take aan. As hulle hul goed van hul taak gekwyt het, kan hulle die groen knop druk en punte by hul “uitgawe”-rekening voeg. ’n Oortreding, soos om die agterdeur oop te los, veroorsaak dat ’n boete van die totaal afgetrek word. Aangesien ’n hoë telling opwindende vergoeding soos rekenaartyd tot gevolg het – en oortredings die totaal laat krimp – is my neefs nou ongewoon gemotiveerd om hul werkies te doen en die deur toe te hou!   Â

Op grond van hul vindingryke stelsel het ek grappenderwys gesê ek wens ek het ook so ’n opwindende motiveringsinstrument. Ja, natuurlik motiveer God ons. Pleks van ons eenvoudig tot gehoorsaamheid op te kommandeer, het Jesus ons belowe dat ons lewe, wanneer ons Hom volg, veel opoffering van ons gaan vra, maar dat dit ook ’n lewe van oorvloed is (Joh. 10:10).

Ons kan ons verbly oor die feit dat ons ’n vrygewige God dien – Hy beloon en straf ons nie volgens wat ons verdien nie. Hy aanvaar ons swakste pogings met ’n oop gemoed. Hy verwelkom en beloon laatslapers in Sy koninkryk net so mildelik soos ou bekeerdes (vgl. Matt. 20:1-16). Laat ons, in die lig van hierdie waarheid, Hom vandag, met vreugde dien.