Kategorie  |  Uncategorized

’n metgesel op die pad

Ek geniet dit so om op al die wandelpaaie in Idaho te stap en die skoonheid en prag van die omgewing te geniet. Dan dink ek soms daaraan dat hierdie wandelinge simbolies van ons geestelike reis is, want die Christelike lewe is immers net ’n wandeling met die Here Jesus wat ons vergesel. Hy het dwarsdeur die land Palestina gestap…

pasop!

Wanneer die FBI agente in Amerika tellers in die banke wys hoe om vervalste note te onderskei, word regte note sowel as vervalste note aan hulle getoon. Om ’n vervalste noot te ontdek, moet na die verskille tussen die regte en vervalste note gekyk word en nie na die ooreenkomste nie. In 1 Johannes 2 beskerm die apostel Johannes gelowiges…

Babakos

Het jy al ooit babakos geproe? Ek het en dis baie sag, want babas het geen ander keuse nie. Hulle kan nie harde en taai kosse eet nie en beslis nie ’n lekker geurige biefstuk nie! Tragies om te sê, maar daar is Christene wat doodtevrede is om maar net geestelike babakos te eet. Hulle is tevrede om maar net…

Om van a tot z te rou

Jerusalem was in vlamme gehul en verwoes en die profeet Jeremia was in trane. Sy profesie van Goddelike oordeel is geïgnoreer en nou het sy verskriklike woorde in vervulling gegaan. In die kort boekie, Klaagliedere, word die vernietiging van Jerusalem beskrywe en ook die profeet se rouproses oor die skrikwekkende gebeure. Jeremia het hierdie boekie geskrywe met inagneming van die…

wees jouself

Terwyl ek moes wag vir ’n roetiene mediese ondersoek by ’n plaaslike hospitaal, het ek ’n muurplaat met ’n beeld van Jesus aan die kruis, opgemerk. Later moes ’n verpleegster sekere administratiewe vrae aan my stel en onder andere of ek enige geestelike probleme het wat ek graag met ’n leraar sou wou bespreek. Ek het gesê dat ek dit…

Die weg na seën

Robyn en Steve het ’n beradingsbediening wat ’n baie geringe inkomste voorsien. Onlangs het ’n krisis in die familie hulle genoodsaak om ’n reis van oor die 12,000 kilometer aan te pak met hulle mini-bakkie wat al baie kilometers gedoen het. Nadat die krisis hanteer is en die terugtog na Michigan begin het, en hulle nog baie ver van die…

ware sekuriteit

Gedurende die Koue Oorlog, tydens die laaste helfte van die 20ste eeu, toe daar onrus tussen die belangrikste wêreldmagte geheers het, het Amerika voortdurend onder die dreigement van ’n kernoorlog geleef. Ek onthou dat ons gedurende 1962, toe die Kubaanse missielkrisis gedreig het, werklik gevoel het dat ons slegs ’n oomblik van totale vernietiging verwyder is. Een van my vreemdste…

Dit gaan alles oor hom

Toe Sheri verloof geraak het, was haar enkellopende vriendin Amy, saam met haar bly. Sy het ’n kombuistee vir Sheri beplan, haar gehelp om haar bruidstabberd uit te kies en voor haar die kerk binnegestap as een van haar bruidsmeisies. Toe Sheri en haar man kinders gekry het, was Amy saam met haar bly en sy het haar in Sheri…

wagtend ...

Herfs is die jagseisoen hier in Michigan. Vir ’n paar weke word gelisensiëerde jagters toegelaat om in die woude die verskillende dieresoorte te jag. Sommige jagters bou selfs hoë houtstellasies waarop hulle kan sit en vir ure wag totdat ’n bokkie tevoorskyn kom en binne trefafstand is. Wanneer ek dink aan daardie jagters wat vir ure so geduldig kan sit…

wat ’n Besondere woonbuurt

Die omgewing waarin ’n mens woon, plaas sekere verpligtinge op jou oor hoe jy moet lewe. In ons buurt word die vullishouers op Dinsdae verwyder en daarom is dit my verantwoordelikheid om te sorg dat die houer die aand vantevore reeds uitgesit is. Deur toe te laat dat vullis in die strate ophoop, sal die bure ontstel en die verhouding…