Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Poh Fang Chia

Om In Te Pas

Lee is ’n hardwerkende en betroubare bankamptenaar. Tog is hy anders omdat hy sy geloof uitlewe. Dit blyk op praktiese maniere, soos wanneer hy die geselskap verlaat wanneer ’n onvanpaste gesprek opduik. Tydens Bybelstudie het hy erken: “Ek is bang ek gaan nie bevorder word nie omdat ek nie inpas nie.”

Die gelowiges in die tyd van die profeet Maleagi…

Dankie, Dagboek

Toe ek pas ’n gelowige in Jesus geword het, het ’n geestelike mentor my aangemoedig om ’n dankbaarheidsjoernaal te hou. Dit was ’n boekie wat ek oral by my gedra het waar ek gegaan het. Partykeer het ek ’n eerbewys dadelik opgeskryf. Ander kere het ek dit neergeskryf tydens ’n oomblik van bepeinsing.

Om ag te slaan op punte van verheerliking…

Kersfees By MacPherson Tuine

Ongeveer 230 gesinne en individue woon in MacPherson Tuine, blok 72. Elkeen het sy eie lewensverhaal. Op die tiende vloer woon ’n bejaarde dame wie se kinders reeds uitgetrek het, nou alleen. Net ’n paar deure van haar af woon ’n jong paartjie met twee kinders – ’n seun en ’n dogter. ’n Paar vloere ondertoe woon ’n jong soldaat.…

Dink Voordat Jy Praat

Cheung was kwaad vir sy vrou wat vergeet het om die roete na ’n bekende restaurant, waar hulle na hulle vakansie in Japan wou gaan eet, na te gaan. Omdat hulle tyd beperk was, moes hulle toe maar die uiteet los. Cheung was baie gefrustreed en het sy vrou oor haar slegte beplanning gekritiseer.

Cheung het later besef dat hy…

Die Tweevlerkige Son

’n Antieke kleiseël het vyf jaar lank in ’n kas in Jerusalem se Instituut van Argeologie gelê. Die eerste ondersoek na die seël wat aan die voet van die suidelike deel van die Ou Stad se muur in Jerusalem opgegrawe is, kon nie die betekenis van die ongeveer 3,000 jaar oue voorwerp vasstel nie. ’n Navorser wat die inskripsie noukeurig…

Wat Het Simon Gesê?

’n Man genaamd Refuge Rabindranath is die afgelope tien jaar ’n jeugwerker in Sri Lanka. Hy het dikwels tot laatnag met die jeug omgegaan. Hy het met hulle gespeel, na hulle geluister, berading gedoen en hulle geleer. Hy geniet sy werk, maar dit kan teleurstellend wees as belowende studente soms van die geloof af wegdraai. Soms voel hy die soos…

Laat Ons Die Wedloop Voltooi

Tydens die Rio Olimpiese Spele in 2016, het twee atlete in die 5 000m-wedloop die wêreld se aandag vasgevang. Na 3,200 meter van die wedloop het Nieu-Seelander, Nikki Hamblin, en Amerikaanse Abbey D’Agostino teen mekaar vasgehardloop. Abbey was vinnig op haar voete, maar sy het gestop om Nikki te help. Oomblikke nadat die twee atlete weer begin hardloop het, het…

Neem Die Eerste Stap

Tham Dashu het gevoel iets ontbreek in sy lewe. Hy het begin kerk toe gaan – na dieselfde kerk wat sy dogter bygewoon het. Maar nooit saam nie. Vroeër het hy haar te na gekom en dit  het ’n wig tussen hulle ingedryf. Tham het inglip sodra die lofprysing begin, en het ná die diens die kerk dadelik verlaat.

Gemeentelede…