Lee is ’n hardwerkende en betroubare bankamptenaar. Tog is hy anders omdat hy sy geloof uitlewe. Dit blyk op praktiese maniere, soos wanneer hy die geselskap verlaat wanneer ’n onvanpaste gesprek opduik. Tydens Bybelstudie het hy erken: “Ek is bang ek gaan nie bevorder word nie omdat ek nie inpas nie.”

Die gelowiges in die tyd van die profeet Maleagi het dieselfde uitdaging in die gesig gestaar. Hulle het uit ballingskap teruggekeer en die tempel is herbou, tog was daar skeptisisme oor God se plan vir hul toekoms. Sommige Israeliete het gesê: “Dit is nutteloos dat ons God dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het … ? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!” (Mal. 3:14-15).

Hoe kan ons vír God vas bly staan wanneer die kultuur ons vertel dat ons skade kan lei omdat ons nie inpas nie? Die getroues in Maleagi se tyd het op die uitdaging geantwoord deur saam te vergader en mekaar te bemoedig. En dan deel Maleagi ons hierdie kernwaarheid mee: “ … die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan … ” (vs. 16).

God sien, en Hy gee om vir elkeen wat Hom vrees en eer. Hy vra ons nie om “in te pas” nie, maar om nader aan Hom te beweeg terwyl ons mekaar bemoedig. Laat ons getrou bly!